Katja Lang - Judoka met skop

  • By Annalien Venter
  • 08 Jun, 2018

Van Berlyn tot Burundi

Katja Lang ‘n graad 11 leerling in Hoërskool Eldoraigne, het bewys dat sy nie terugstaan vir ‘n groot uitdaging nie. SA Judo staan eintlik in sy kinderskoene in vergelyking met die geleenthede en hoeveelheid kompetisies waaraan ander lande se Judokas kan deelneem, daarom dat Katja elke geleentheid wat sy kry heelhartig aangryp. Katja het in die laaste paar maande aan verskeie Judo kampioenskappe oorsee deelgeneem waaronder andere die Tunisië IJF Cadet African Judo Cup en die African Judo Cadet Kampioenskap in Burundi. Sy presteer uitsonderlik goed as ‘n mens in ag neem dat sy sonder haar afrigter en ondersteuningstelsel moes toer. Sy neem ook onder andere in Tunisië deel met ‘n besering wat sy vroeër opgedoen het in Berlyn, Duitsland by ‘n oefenkamp in Maart. Judo Cadets is 0/17’s en sy en ‘n ander cadet was die enigstes wat in Burundi ook aan die Juniors (0/21) deelgeneem het. In hierdie kampioenskap verower sy die toekenning as die beste SA Judoka vir die hele kompetisie. Sy neem ook verder deel aan die spankompetisies. Suid-Afrika se spanne maak SA Judo geskiedenis deurdat al die spanne vir die eerste keer medaljes kon verower.

 

Katja Lang verwerf die volgende medaljes tydens die Judo internasionale Kompetisies:

 

o  Goud 0/17                     in Tunisië

o  Silwer 0/17                   in Burundi

o  Brons 0/21                   in Burundi

o  Brons span 0/17           in Burundi

o  Brons span 0/21           in Burundi

By Annalien Venter 14 Jun, 2018
Leerlinge met Rekenaartoepassingstegnologie (RTT) neem deel aan die Computer Applications Olimpiad
By Annalien Venter 08 Jun, 2018
Jacques Malan maak golwe in die swembad.
By Annalien Venter 08 Jun, 2018
Jacques Malan maak golwe in die swembad.
By Annalien Venter 29 May, 2018
Eldo-Toneel presteer by FEDA 2018.
By Annalien Venter 08 Feb, 2018
Ons eie Eldo gaan na NASA se vuurpyl museum toe in Huntsville, Alabama.
By Annalien Venter 22 Jan, 2018
Eldo's se 2018 Atletiekseisoen skop af met die Interhuis.
By Annalien Venter 13 Nov, 2017
Eldo's kan redeneer in 2017
By Annalien Venter 18 Sep, 2017
Eldo tonele neem landswyd deel!
By Annalien Venter 15 Sep, 2017
Eldoraigne vir ons hoof se verjaardag en daar was pure perde by die Colour of Eldo July.
Share by: