Eldoraigne se HOOF perderuiter verjaar!

  • By Annalien Venter
  • 15 Sep, 2017

Colour of Eldo July

Dit was Vrydag vir ons skool 'n groot voorreg om ons skoolhoof en ook hoofruiter van Hoërskool Eldoraigne se verjaardag te vier. Die tema, Colour of Eldo July het almal in rooi en blou getooi in 'n perde bui gehad. Die VLR het ingeloop gekom met 'n banier en is gevolg deur twee van ons eie perderuiters op hul eie perde, waarna die LR in hul mooiste formele drag getooi gevolg het. Dr. Prinsloo en sy vrou het ingery gekom met 'n outydse motor.

Die spesiale dag is gevier met sang, dans en speletjies. Wie sou nou kon raai dat doktor Prinsloo na Miley Cyrus se musiek luister! En 'n kranige rugbyspeler was op skool. Ons het ook die top perderesies agent LP verwelkom op die rooibank saam met die eregaste.

Baie geluk doktor, die klok het gelui vir u nuwe lewensjaar! Mag die jaar wat voorlê net besaai wees met vreugdevolle dae en baie sukses hier by die Eldoraigne Resiesbaan.
By Annalien Venter June 14, 2018
Leerlinge met Rekenaartoepassingstegnologie (RTT) neem deel aan die Computer Applications Olimpiad
By Annalien Venter June 8, 2018
Jacques Malan maak golwe in die swembad.
By Annalien Venter June 8, 2018
Jacques Malan maak golwe in die swembad.
By Annalien Venter June 8, 2018
Ons eie Eldo-Judoka reis die wêreld vol om haar merk te maak.
By Annalien Venter May 29, 2018
Eldo-Toneel presteer by FEDA 2018.
By Annalien Venter February 8, 2018
Ons eie Eldo gaan na NASA se vuurpyl museum toe in Huntsville, Alabama.
By Annalien Venter January 22, 2018
Eldo's se 2018 Atletiekseisoen skop af met die Interhuis.
By Annalien Venter November 13, 2017
Eldo's kan redeneer in 2017
By Annalien Venter September 18, 2017
Eldo tonele neem landswyd deel!