VERPLIGTE VAKKE GRAAD 8 & GRAAD 9



In graad 8 en 9 het ons leerders die volgende verpligte vakke as deel van die Departement van Basiese Onderwys se leerplan:
• Afrikaans
• Engels
• Wiskunde
• Natuurwetenskappe – NW ( Fisiese- en Lewenswetenskappe)
• Sosiale Wetenskappe – SW (Geskiedenis en Geografie)
• Ekonomiese en Bestuurswetenskappe – EBW (Rekeningkunde 50% en Besigheidstudies 50%)
• Skeppende Kuns – (Kuns en Drama)
• Lewensoriëntering – LO
Keusevakke graad 8 & 9*
Onder die sambreel van ons Sentrum vir Uitnemendheid poog ons om ons leerders se leerprogram te verryk. Daarom kan die volgende keusevakke geneem word indien daar voldoende belangstelling is vir die aanbied daarvan as deel van die akademiese program van die skool:
- Uitvoerende Kunste (kies tussen Dans en Drama, kan nie albei kies nie)
- Elektronika
- Gasvryheidstudies
- Kuns en Ontwerp
- Robotika en Kodering
- Digitale Geletterdheid (Rekenaartegnologie)
- Tegniese Tekene
- Landboustudies (NUUT)
*Daar moet genoegsame belangstelling in die keusevak wees sodat dit binne die skoolrooster aangebied kan word. Indien daar nie voldoende belangstelling is nie, kan die vak as deel van die Sentrum vir Uitnemendheid na skool geneem word.
Keusevakke in Graad 8 en 9 dien as verryking vir die leerders, sodat hulle kan sien waarin hulle belangstel en die regte vakke in Graad 10 – 12 kies.
Daar is wel vakke wat as buitemuurs by die Sentrum vir Uitnemendheid geneem kan word bv. Frans, Vliegkunde, Fotografie ens.