ANDER


Ons het busroetes regoor Centurion wat ons Eldo’s oplaai en na die skool vervoer.

Hoërskool Eldoraigne bied in samewerking met ‘n buite maatskappy busvervoer na en van die skool vanaf die onderste areas aan. Die skool is geensins verantwoordelik vir die vervoer nie en doen slegs die reëlings om dit makliker vir leerders te maak om van die diens gebruik te maak. Die skool, personeel of beheerliggaam kan dus nie aanspreeklik gehou word as die kontrakteur nalatig is nie. Leerders maak dus gebruik van hierdie busdiens op eie risiko. 

Voor die Junie- en November eksamens moet leerders op die eksamen busdokumente aandui watter ritte tydens die eksamen gery gaan word. Slegs leerders wat betyds die eksamen busbrief inhandig, sal op die betrokke bus toegelaat word. Slegs leerders wat reeds geregistreer is vir ‘n busroete, kan van hierdie opsie gebruik maak. Reëlings mag onderhewig wees aan wysigings, maar die skool sal u vroegtydig daarvan in kennis stel.

Roetes is as volg:
  • MIDSTREAM, ROOIHUISKRAAL, WIERDAGLEN ESTATES, HENNOPSPARK
  • ROOIHUISKRAAL, THE REEDS, AMBERFIELD
Buskaartjies word by die finansieskantoor aangekoop.

Vir meer inligting rakende die busroetes kontak Ephraim Mohale by mohalee@hseldo.co.za
Share by: