Die sport waar Atlete met hart en siel deelneem, waar elke atleet die wen sien en as een span die aflos stokkie aan die volgende generasie oorgee.

 

Atletiek in Pretoria, word jaarliks sterker en meer kompeterend, en Eldo's staan nie terug vir goeie kompetisie nie. Dit is vir ons belangrik om aan verskeie kompetisies gedurende die jaar deel te neem.

Ons neem onder andere deel aan die Curro Podium Top 10, TUT Top 15, Noordheuwel Top 15.


 Ons atlete wen die 2023  B- bond Interhoër en neem dus in 2024 aan die A-bond Interhoër deel. Ons harte klop groen oor die prestasie en ons staan geensins terug vir die uitdaging nie.


Eldo atletiek bied die Eldo Elite Aflos byeenkoms aan (enigste aflos byeenkoms in die land) waar +- 40 Hoërskole en 10 laerskole deelneem

 

Atletiek voorseisoen oefening begin reeds volstoom in Julie.

Met ons Drakiades byeenkoms in September gee ons geleentheid aan leerders om nuwe talent te ontdek en ook om diepte aan ons atletiek te verleen. Dit is belangrik om reeds ʼn goeie voorseisoen te hê sodat ons reeds tydens die NWU TOP 30 in September ʼn span/of twee kan laat deelneem wat reeds kompeterend is. 

 

Ons spog met Top atlete soos Ashleigh Harvey (SA Heptathlon 2022,Silver), Jeandré Jacobs (SA Hammer,Gewigstoot 2022,2023)

en Luhane Smith (SASSA 3000m 2023,Silver).

 

Ons beskik oor top afrigters waarvan almal minimum ASA vlak 1 gekwalifiseerd is. Hierdie span van 18 afrigters is toegewyd en doelgerig om elke atleet maksimaal te ontwikkel en te ondersteun om die beste prestasie te behaal.
 

Gesels met ons atletiek direkteur vir meer inligting.


Hanlie Truter (ASA Vlak 2, AGN ondervoorsitter Landloop)

truterh@hseldo.co.za

Share by: