Dankie vir u volgehoue ondersteuning en lojaliteit teenoor Hoërskool Eldoraigne. Op hierdie wyse kan ons vir die leerders geleenthede skep en sodoende groei om ons roeping te vervul.

SKOOLGELD VIR 2026


R48 510 per jaar
R4 410 per maand
Geen registrasiefooie is betaalbaar nie

Die volgende is ingesluit by die skoolgeld vir 2026:
  • Handboeke
  • Eerste stel skrifte
  • Busvervoer vir alle ligawedstryde en kultuuraktiwiteite

Skoolgeld brief 2026

Indien u die skoolgeld elektronies of direk in die skool se rekening inbetaal, kan die onderstaande bankbesonderhede gebruik word:


ABSA

Tjekrekening

Centurion

Takkode 632005

Rekeningnommer 326 017 0944


Verwysing: Rekeningnommer soos dit op u staat verskyn. Indien u nie 'n verwysingnommer het nie, kontak asseblief vir me. Aletta Reynecke by:  finansies@hseldo.co.za / 012 660 2270


U is welkom om van internet betalings gebruik te maak of alternatiewelik debietorders, sodat ons kontantloos kan funksioneer. Die skool beskik ook oor kaartfasiliteite vir u gerief.


In die geval van 'n inbetaling moet die bewys van inbetaling asseblief na me. Aletta Reynecke gestuur word by: finansies@hseldo.co.za


Indien u enige navrae het, is u welkom om van die onderstaande kontakbesonderhede gebruik te maak om met ons kontak te maak.