AKADEMIESE PRESTASIES



Hoërskool Eldoraigne is werklik trots op die Matriekklas van 2024. Hul matriekuitslae is weereens `n bewys dat dit `n skool is van uitnemende onderrig, puik personeel en toegewyde leerders.
Die akademiese filosofie van die skool is dat elke leerder ten volle toegerus, en met ‘n toekomsverwagting moet matrikuleer. Met ‘n 100% slaagsyfer en 99,83% van leerders wat matrikuleer met vrystelling vir tersiêre studies, hou die Eldo-gemeenskap die matriekklas van 2025 ywerig dop om te sien hoe hul aanhou om hul merk in die toekoms te maak.
Die leerders verwerf 482 onderskeidings, 1.7 per kandidaat en 498 onderskeidings indien Alpha Wiskunde bygevoeg word, wat bereken op 1.8 per kandidaat.
Hoërskool Eldoraigne het ‘n wye verskeidenheid van akademiese, tegniese en spesialisvakke wat aangebied word, en is besonders trots daarop dat 18 van die 21 vakke `n 100% slaagsyfer behaal het. Van die hoofvakke wat ‘n 100% slaagsyfer behaal het, is Afrikaans HT, Engels FAL, Wiskunde, Wiskundige Geletterdheid, Rekeningkunde, Geografie, Besigheidstudies en Ekonomie. Sewe vakke behaal `n gemiddeld bo 70%, met `n uitsonderlike prestasie van Visuele Kunste wat `n gemiddeld van 80% behaal het.
Een leerder, Rolan Kruger, verwerf 8 onderskeidings (+ Alpha Wiskunde). Verder verwerf 14 leerders 7 onderskeidings, 13 leerders 6 onderskeidings, 16 leerders 5 onderskeidings en 18 leerders 4 onderskeidings. Die Top 6 leerders behaal `n gemiddeld van bo 90%. Ashleigh Harvey, 2024 se Dux-leerder, behaal `n ongelooflike 94.71% gemiddeld met uitstaande prestasies in Afrikaans (96%), Wiskunde (96%) en Fisiese Wetenskappe (96%).
Tydens die Skole Ondersteuning Sentrum (SOS) ontvang Hoërskool Eldoraigne verskeie toekennings: TOP 20 van alle Afrikaanse skole in Suid-Afrika. Toekennings vir Afrikaans Huistaal, Engels Addisionele taal, Wiskunde, Rekeningkunde en Wiskundige Geletterdheid as deel van die Top 20 van alle skole in Suid-Afrika.
Tydens die Distrik-prysuitdeling die skool ook toekennings vir Wiskunde, Elektronika en Gasvryheidstudies.
Harde werk oor die afgelope vyf jaar deur die leerders en die Eldo-personeel het vrugte afgewerp. Akademie bly die skool se eerste prioriteit, maar by die Eldo’s word gebalanseerde leerders, soos bewys deur ons top-presteerders wat op alle terreine `n bydrae in die skool gemaak het, gekweek.
Baie geluk aan die Matriekklas van 2024. Julle het voorwaar elkeen Hoërskool Eldoraigne se naam hóóg gehou!





