Hier by Eldoraigne leef ons die beginsel van omgee en gemeenskap elke dag uit. Hierdie inisiatief, gelei deur die skool se VLR, is gebore uit die oortuiging dat elke daad van welwillendheid ’n verskil kan maak. Deur verskeie uitreike, skenkings en gemeenskapsprojekte kry ons leerders die geleentheid om aktief betrokke te raak by die behoeftes rondom hulle—van fondsinsamelings en skenkingsaksies tot samewerkings met organisasies in die breër gemeenskap.


Projekte soos Grot Gee, bloedskenkdae, boek- en klere-insamelings, asook besoeke aan plaaslike instansies, skep geleenthede waar leerders nie net gee nie, maar ook groei. Deur hierdie ervarings ontwikkel hulle empatie, verantwoordelikheid en ’n dieper begrip van diensbaarheid. Hulle leer dat ware leierskap nie net gaan oor leiding neem nie, maar oor omgee, uitreik en ’n positiewe verskil maak in ander se lewens.


Met die ondersteuning van ons skoolgemeenskap en borge bou Eldoraigne aan ’n kultuur waar elke leerder bemagtig word om ’n verskil te maak, nie net binne die skool nie, maar ook ver buite dit. Hier word waardes gevorm, harte geraak en ’n lewenslange ingesteldheid van gee en omgee gekweek.
 
Hierdie is die inisiatiewe wat Eldoraigne se groen hart laat klop.

Vir finansiële bydraes:


ABSA - Tjekrekening

Centurion

Takkode 632005

Rekeningnommer 326 017 0944

Verwysingsnr.: 910/440


Vir navrae kontak gerus Me. Ameri de Beer by debeera@hseldo.co.za