
By Hoërskool Eldoraigne word ‘n uitsonderlike hoë prioriteit aan die akademie gegee en daarom beleef ons jaar na jaar voortreflike prestasies op die akademiese terrein.
Die bogemiddelde prestasies wat gelewer is op die verskillende akademiese terreine is ‘n besliste aanduider dat ons, wat die akademie betref, ‘n voorloper is. Ons dank en waardering gaan uit na ons onderwysers, leerlinge en ouers in hierdie verband.