Eldo-Hokkie is ‘n fees! Die Astro is deel van ons trots en ons spelers en afrigters geniet dit ten volle om ons talente hier te bevorder. Eldo-hokkie is altyd bedrywig, maar dit is heerlik om deel te wees daarvan!
Met 10 dogterspanne en 6 seunspanne in die onderskeie ligas ingeskryf, kry elke hokkiespeler die kans om hul talente uit te leef. Die dogters en seuns neem deel in die A-liga waar hul teen die beste skole in Pretoria meeding.
Al die hokkiespanne gaan ook op ‘n toer in die Aprilvakansie en daar word ook in die voorseisoen oefenkampe en klinieke aangebied om die spelers se vaardighede te verbeter.
Ons spog ook met uitstekende afrigters. Chadwin Petersen, wat in beheer van die hokkiedogters is, is betrokke in die afrigting van seniorspanne, bv Tuks senior dames. Van ons afrigters is provinsiale spelers, asook afrigters en keurders by die Northernspanne.
Stefan Coertzen, wat in beheer is van die seuns, was die afrigter van die Northerns 0/16 A seuns en hy en Chardwin Petersen is ook betrokke by verskeie toernooie wat aangebied word. Verskeie van ons seuns en dogters is deel van die Northernspanne.
Met die gebruik van die astro, laerskole wat ons astro ten volle benut, uitstekende afrigters, ondersteunende ouers en ons passievolle spelers wat Eldo-hokkie net van krag tot krag laat gaan, is ons uitgehonger en opgewonde vir die nuwe seisoen.
Eldo-hokkie is ons trots!
HOKKIEDOGTERS
Chadwin Petersen
HOKKIESEUNS
Stefan Coertzen