VISIE, MISSIE & WAARDES 


VISIE

Hoërskool Eldoraigne se leerlinge word toegerus om hulle roeping te vervul.

MISSIE

Hoërskool Eldoraigne is ten volle verbind om leerlinge toe te rus om hul roeping te vervul deur: 



Kwaliteit onderrig 

in vennootskap met alle belangegroepe 

deur effektiewe benutting van alle hulpbronne.


ELDO WAARDES


Ons Eldo's lewe ons 10-waardes elke dag. Dit is die hartklop van ons skool.

Gaan kyk gerus wat ons Eldo's te sê het oor die 10-sterre waarna ons reik by Hoërskool Eldoraigne . 


EREKODE



As leerling van Hoërskool Eldoraigne onderskryf ek ons gesamentlike strewe wat as volg lui: Ons streef die vervulling van ons roeping na in die uitlewing van die deugde soos gesimboliseer in ons skoolwapen:

 

  • Waarheid, eerlikheid,regverdigheid,reinheid, lieflikheid, alles wat mooi en goed vir die lewe is.
  • Ons belowe trou aan ons land en ons nasie en ons eer ons volkslied en vlag as simbole van ons burgerskap.
  • Ons is lojaal teenoor ons skool, ons medeleerlinge en ons onderwysers.
  • Ons stel ons skoolplig voorop en streef na die bevordering en uitbouing van ‘n hartlike verhouding tussen leerlinge en personeel en Leerlinge onderling.
  • Ons betoon aan alle mense die respek wat hulle toekom
  • As seuns en dogters betoon ons aan mekaar die nodige agting en probeer om ons so te gedra dat ons mekaar se eer altyd waardig sal wees.

 


SKOOLLIED


Ons naam: Simbool van strewe

Die Hoërskool Eldoraigne

In wil en werk en lewe

Sal trots jou ster verskyn,

Ons het ‘n taak

Ons sal bly waak

Oor groot en ook oor klein

Ons bou tesaam ons skool se naam

Die Hoërskool Eldoraigne


Refrein

Suiderkruis blink oor dale

Teken van ewige pand

Vlam van ons ideale

Vlam oor die groen van ons land

Ons Hoërskool Eldoraigne

Jou leuse sal oor ons skyn

Ons sal ons roeping vervul

Ons sal ons roeping vervul!


Die silwer van die lewe

Word skoner meer en meer

Deur vaste roepingstrewe

Deur arbeid nuut poleer

Behou en bou

Dan bly ons trou

Deur liefde en deur werk

God sal getrou ons hande hou

Met Hom is ons so sterk