VISIE, MISSIE & WAARDES 


VISIE

Hoërskool Eldoraigne se leerlinge word toegerus om hulle roeping te vervul.

MISSIE

Hoërskool Eldoraigne is ten volle verbind om leerlinge toe te rus om hul roeping te vervul deur: 


Kwaliteit onderrig 

in vennootskap met alle belangegroepe 

deur effektiewe benutting van alle hulpbronne.

EREKODE


As leerling van Hoërskool Eldoraigne onderskryf ek ons gesamentlike strewe wat as volg lui: Ons streef die vervulling van ons roeping na in die uitlewing van die deugde soos gesimboliseer in ons skoolwapen:

 

  • Waarheid, eerlikheid, regverdigheid, reinheid, lieflikheid, alles wat mooi en goed vir die lewe is.
  • Ons belowe trou aan ons land en ons nasie en ons eer ons volkslied en vlag as simbole van ons burgerskap.
  • Ons is lojaal teenoor ons skool, ons medeleerlinge en ons onderwysers.
  • Ons stel ons skoolplig voorop en streef na die bevordering en uitbouing van ‘n hartlike verhouding tussen leerlinge en personeel en Leerlinge onderling.
  • Ons betoon aan alle mense die respek wat hulle toekom
  • As seuns en dogters betoon ons aan mekaar die nodige agting en probeer om ons so te gedra dat ons mekaar se eer altyd waardig sal wees.

 

Skoollied

Ons naam: Simbool van strewe

Die Hoërskool Eldoraigne

In wil en werk en lewe

Sal trots jou ster verskyn,

Ons het ‘n taak

Ons sal bly waak

Oor groot en ook oor klein

Ons bou tesaam ons skool se naam

Die Hoërskool Eldoraigne


Refrein

Suiderkruis blink oor dale

Teken van ewige pand

Vlam van ons ideale

Vlam oor die groen van ons land

Ons Hoërskool Eldoraigne

Jou leuse sal oor ons skyn

Ons sal ons roeping vervul

Ons sal ons roeping vervul!


Die silwer van die lewe

Word skoner meer en meer

Deur vaste roepingstrewe

Deur arbeid nuut poleer

Behou en bou

Dan bly ons trou

Deur liefde en deur werk

God sal getrou ons hande hou

Met Hom is ons so sterk


ELDO WAARDES


Ons Eldo's lewe ons 10-waardes elke dag. Dit is die hartklop van ons skool.


Gaan kyk gerus wat ons Eldo's te sê het oor die 10-sterre waarna ons reik by Hoërskool Eldoraigne . 

Die 10 Sterre waarna ons Reik

Klik op enige van die onderstaande sterre om die YouTube video te kyk

EERLIKHEID

In alles wat jy dink, doen en sê

LIEFDE

Vir jou God, jou medemens en jou skool

DISSIPLINE

Tree altyd ordelik en opgevoed op; wees betyds

ORDENTLIKHEID

Goeie maniere in alle opsigte

RESPEK

Vir alle mense, jouself en die omgewing

AANVAARDING

Van jou menswees en jou verantwoordelikhede

INTEGRITEIT

Wees opreg; jou woord is jou eer

GESINDHEID

Kies die regte gesindheid om jou roeping te vervul

NETHEID

Wees altyd netjies op jouself en jou omgewing

EERBAARHEID

Teenoor jou skool - die beste skool: Hoërskool Eldoraigne