
As deel van Hoërskool Eldoraigne se visie om leerders toe te rus om hul roeping te vervul, is 'n Sentrum vir Uitnemendheid ontwikkel. Onderrig en opleiding vind na-ure by die skool plaas in lokale daarvoor ingerig. Naskoolse voordeel - 'n nuwe generasie moet onbeperkte toegang tot kennis kry, sodat hulle met vertroue kan inspireer en ontdek. Kostes is vir die ouer se eie rekening.
Alpha Wiskunde
Verrykende Wiskunde klasse om voor te berei vir universiteit; stimuleer wiskundige denke.
Klastye:
Graad 9:
Oggend 6:30–7:25
Graad 10–12:
Middagklas
Koste van klasse:
Gr. 9-11: R2 900
Gr.12 (eksamenjaar): R3 500
Organiseerder:
C Braybrooke -
083 626 8331
Personeel wat dit ook aanbied: Me. C. Mentz
Dansstudio
Dansklasse, deelname aan eksamens van SABOD, kompetisies en ’n jaarlikse vertoning by ’n teater.
Klastye:
Maandae 14:00-19:00 en Dinsdae 14:00-19:00.
Dansstudio (bo die snoepie)
Koste van klasse:
R450 per maand
Spesiale benodighede vir aktiwiteit:
- Gewone oefendrag, rekbare skipant en stywe oefen toppie vir klasse.
- Swart unitard vir eksamens.
- Spesiale fooi gaan gehef word vir vertoning uitrustings.
Organiseerder:
Carol Etsebeth van CDW School of Dancing -
072 150 6760
Drama Akademie
Groep- en (individuele) klasse om talent in drama te ontwikkel, ook afgestem op individuele behoeftes van leerders.
Klastye:
Groep-klasse tydens die jaar; individuele klasse 60 minute
Koste van klasse:
R680 per maand vir 4 lesse. R170 per les.
Organiseerder:
Anchen du Plessis anchenduplessis03@gmail.com / 0828521877
Eldo Musiq
Individuele musikale lesse in verskeie instrumente; daar is ook ’n skoolorkes gevorm deur leerders.
Klastye:
Junior en senior orkes oefeninge: Dinsdagaand 18:00-20:00
Instrumente insluitend klavier, viool, kitaar, baskitaar, ukulele, ens.
Organiseerder:
Andy Swart - swarta@hseldo.co.za
Fotografie
Praktiese fotografie klasse, tegniek, beginner tot professioneel. Kamera en ontwerp kennis, kommunikasie vaardighede en AI om jou eie fotografie besigheid te begin
Klastye:
Donderdae van 15:45 tot 16:45.
Koste van klasse:
R350 Registrasie fooi.
R1250 Per kwartaal.
Spesiale benodighede vir aktiwiteit:
Kamera of volgelaaide slimfoon.
Organiseerder:
Bernize Coetzer - info@futurephotographerz.com
082 516 6310
Frans, Duite en Gebare Taal
Leer Frans, Duits en gebaretaal as ’n taalvakkundige uitbreiding; ook voorbereiding vir internasionale eksamens.
Klastye:
Elke vlak se tye word gereël tussen die onderwyser en die groep. Daar is een fisiese klas en een aanlynklas per week.
Koste van klasse:
Kontak Me. Henn vir kostes
Organiseerder:
Elsie Henn - henne@hseldo.co.za
082 378 3833
Good Vibes Guitar
Privaat kitaar lesse by die skool vir jonk tot oud in 'n rustige maar tog pret belaaide atmosfeer. Akoesties en elektries in alle style en geen ondervinding is nodig nie.
Kostes en tye:
Na skool; koste volgens program per individu, geen ervaring nodig nie.
Organiseerder:
Francois Kleynhans - rana.kleynhans@gmail.com
0620419917
Kuns
Kreatiewe visuele kuns: teken, skilder, drukwerk, lino-blok druk, ensovoorts.
Klastye:
(6 weke per kwartaal)
Elke Donderdag 14:00 - 16:00.
Koste per kwartaal (verskillende kostes vir materiaal)
Spesiale benodighede vir aktiwiteit:
Spesiale benodigdhede soos potlode, verf, liniaal, ens.
Organiseerder:
Sunette Pearce -
Modelskool
Modelwerk, fotograaf-samewerking, promosies, loopplank, spel van onderhoude, voorkoms, ensovoorts.
Klastye:
Klastye in die Kleinteater: Donderdae en Vrydae vanaf 14:15
Koste van klasse:
Kontak Me. Begbie
Organiseerder:
Valerie Begbie -
072 663 1363
Musiek
Klastye:
Verskeie middae, na skool. Elke les word met die betrokke afrigter gereël om individuele aandag en sorg te verseker.
Koste van klasse:
R1800 per kwartaal.
Trots:
Musikante maak deel uit van die skool musical waar hulle as “live band” music begeleiding gebied het.
Spesiale benodighede vir aktiwiteit:
Eke student moet sy/haar eie instrument hê om by die huis te kan oefen.
Organiseerder:
Annelene Malan - malana@hseldo.co.za
Olimpiades, Spelathon en Taalbondeksamen
Akademiese kompetisies en eksamens in vakgebiede soos Afrikaans, Engels, Wiskunde, RTT, Besigheidstudies, Sosiale Wetenskap, Natuurwetenskap; inskrywing by hul vakonderwysers.
Kostes:
Deelnemers skryf in by vak-onderwysers; tye volgens vak en toetse.
Organiseerder:
Vakonderwysers sal advertensie deel.
Sang
Professionele sangopleiding in verskeie genres en style. Stembeheer en asemhaling binne jou eie unieke styl ontwikkel. Studente neem deur die jaar aan kompetisies deel, tree by verskeie geleenthede op, professionele fotosessies en opnames in ’n ateljee, jaarlikse teaterproduksie.
Alumni sluit in voormalige Mej. SA Natasja Joubert, radio- en TV-persoonlikheid Venita Engelbrecht, bekende DJ Maeztro en sangeres Charlize Berg.
Alle ouderdomme vanaf 6 jaar en alle vlakke is welkom.
Klas tye:
Maandae-Vrydae vanaf 14h30-19h45
Kostes:
Verskeie pakette beskikbaar, kontak ons om jou behoefte te bespreek
Lesse vind plaas by die skool.
Organiseerder:
Sindy Kahts
083 544 2764/
VasgeINK-skryfskool
’n Skryfskool oor drie jaar waarin leerders
bemagtig word om hul eie storieboek te skryf, onder mentorskap deur onderwysers en gepubliseerde skrywers.
Organiseerder:
Sunel Combrinck -combrincks@hseldo.co.za
082 257 1977
Vliegakademie
Leer vliegopleiding; vanaf graad 8 kan leerlinge begin, en vanaf 16 met spesifieke strukture; op Wonderboom lughawe; moontlik privaat vlieënierlisensie later.
Klastye:
Dinsdae - 14:15
Koste van klasse:
R900 per maand vanaf Februarie tot November. (Aansluitingsfooie betaalbaar)
Vereiste ouderdom/ID vir spesiale lisensies.
Organiseerder:
Marietjie le Roux - proav@proaviation.co.za
082 948 5942
Voortrekkers
Leierskapontwikkeling, vaardighede, waardegebaseerde ontwikkeling, kampe en groepsaktiwiteite.
Klastye:
Maandae 17h00 – 18h00 of alternatiewe tyd gereël.
Koste van klasse:
Lidmaatskap: R900 per jaar.
Kampe en ander aktiwiteite is ekstra.
Organiseerder:
Bernard Muller
0832357446






