KAMPUSSEKURITEIT


Bestuurder: Veiligheid en Sekuriteit - Mnr Herman Vogel 

vogelh@hseldo.co.za



Beoefening van sport na-ure, naweke en vakansies


U word daarop gewys dat GEEN sport beoefen mag word na-ure, naweke en vakansies sonder dat daar ‘n afrigter teenwoordig is of sonder die toestemming van die Bestuurshoof: Buite-Kurrikulêr nie. Die Bestuurshoof: Buite-Kurrikulêr sal die Hoof: Infrastruktuur dienooreenkomstig inlig van enige gemagtigde persone wat tydens hierdie genoemde tye op die kampus mag wees. Hoof: Infrastruktuur sal die sekuriteitspersoneel by die twee ingange dienooreenkomstig inlig en hulle sal slegs persone met die nodige toestemming op die kampus toelaat. Moet asseblief nie die sekuriteitspersoneel by die ingange in ‘n ongemaklike posisie plaas deur toestemming te vra van hulle kant af nie. Hulle het nie die mandaat om toestemming te mag verleen nie.



Troeteldiere op skoolterrein


GEEN troeteldiere word op die skoolterrein toegelaat ter eniger tyd nie. Die sekuriteitswagte sal u nie toelaat om met u troeteldier die skoolterrein te betree nie en u samewerking in die verband word gevra. Die probleem bly egter met ons deur besoekers wat nie hulle samewerking gee in die verband nie. Daar word ‘n ernstige beroep gedoen op besoekers om gehoor te gee aan hierdie versoek.


Drank en rook op skooltrrein


Volgens wet en skoolbeleid mag GEEN drank op skoolgronde gebring word en/of gebruik word nie en die reg van toegang word voorbehou, en kan enige persoon wat hom/haar skuldig maak aan die oortreding van die wet, verwyder word van die skoolterrein.


“Op 1 Julie 2009 is die Minister van Onderwys bemagtig om ingevolge die “Education and Trianing Reform Act 2006” rook te VERBIED in alle openbare skole.


Die verbod op rook geld vir:


• Alle persone teenwoordig by die skool gedurende en buite skoolure insluitend leerders, onderwysers, besoekers, kontrakteurs, ouers/voogde en die breër gemeenskap soos bv sportgroepe

• Alle aktiwiteite wat plaasvind op die skoolgronde insluitend nasorg, toesig, vergaderings, kultuur- of sport byeenkomste, en enige fees- of funksie wat op die skoolterrein mag plaasvind.”

Geen sigarette, pyp, Vape™® en/of e-sigarette word toegelaat op die skoolterrein nie.  

Kragtens Regulasie 6 van die Wet op die Beheer van Tabakprodukte van 30 Maart 2012, word die terrein en geboue van Hoërskool Eldoraigne as ‘n algehele rookvrye area bepaal.


Hierdie Rookwet is van toepassing op alle onderwysers, leerders, ouers en besoekers aan die skool.


Indien die Rookbeleid deur ‘n onderwyser oortree word, kan dissiplinêre stappe teen sodanige onderwyser geneem word.


Indien die Rookbeleid deur ‘n leerder oortree word, word gehandel in ooreenstemming met die gedragskode en skoolreëls. Gewoonte oortreders sal kragtens die Dissiplinêre kode aangekla word. ‘n Leerder wat twee of meer keer die Rookbeleid oortree, sal as ‘n gewoonte oortreder geklassifiseer word en in die sorg van sy/haar ouer(s)/voog(de) geplaas word totdat ‘n skriftelike onderneming gegee word dat dit nie weer sal gebeur nie. Enige oortreding daarna sal lei tot aanmelding by die SAPD.


Indien ‘n ouer of besoeker die Rookbeleid oortree sal hulle vriendelik versoek word om nie te rook nie en by volharding gevra word om die skoolterrein te verlaat en dus verdere toegang geweier word. Indien genoemde versoeke geïgnoreer word en onaangenaamheid tot gevolg het sal die persoon skuldig wees aan die bepalings van die Beheer op Tabakprodukte en mag hy/sy aangekla word.


Inligtingsborde by beide die skool se ingange (Op waghuisies) dui aan in beide Afrikaans en Engels wat verbode middels is op die kampus. Daar is ook waarskuwingstekens wat dit aandui by die hekke sowel as binne die skoolterrein. U word vriendelik versoek om uself te vergewis van hierdie inligting en dit te gehoorsaam.


Meer inligtingsborde sal ook binne die skool aangebring word wat u sal herinner daaraan dat rook in enige vorm verbied word op die skoolterrein.


Rook is verbode al is u binne u voertuig op die skoolterrein.


Share by: