KULTUUR


DANSSTUDIO


Daar vind jaarliks ‘n Eldo Danskunswedstryd plaas waaraan leerders móét deelneem wat wil kwalifiseer vir finale bepalings van kleure en erekleure. 


Sedert 2015 het ons, ons eie Dansstudio. 

Die studio word bedryf deur professionele danskundiges en leerders kry die geleentheid om danseksamens te doen en aan verskeie opvoerings deel te neem. Die dansstyl wat hoofsaaklik aangebied word is Kontemporêre dans, maar ook modern en jazz. Die doel is om goed opgeleide en veelsydige dansers te kweek wie se lewens verryk sal word deur blootstelling aan dans. Buiten die prakties word leerders ook onderrig in choreografie, dans anatomie, dansterminologie, musiek en dansgeskiedenis, teater en verhoogetiket, beligting, verhooggrimering, persoonlike versorging, voorkoms en groepwerk.


Gesels gerus met ons dans promotor vir meer inligting.


Eldoraigne Dans promotor

Amor le Roux

lerouxa@hseldo.co.za


Dansstudio 

Carol Etsebeth

caroletsebeth@vodamail.co.za


SANGSTUDIO

La Voce Studio


Die skool beskik oor ‘n sangstudio wat deur professionele buitepersone hanteer word. Die onderrig vind na skool plaas. Daar word aan verskeie kompetisies deelgeneem.


Kontak gerus ons sangstudio vir meer inligting.


Eldoraigne Sang promotor 

Cobus Smuts

smutsc@hseldo.co.za


Monique Koster, Cobus Smuts

info@lavocestudio.co.za


DRAMASTUDIO

Die Kollig


Na die sukses van die sangstudio en dansstudio wat by die skool gebasseer is en deur die skool ondersteun word, het ons ook ons eie volskaalse dramastudio: Die Kollig. Die gevierde akteur en skrywer, Jannes Erasmus, is die afrigter.


Gesels gerus met ons dramastudio, Die Kollig,  vir meer inligting.


Eldoraigne Drama promotor

Vinkie Schaap

schaapv@hseldo.co.za


Share by: