Die toekoms van Eldoraigne se rugby, is groen, Eldo-Drake groen!

By Eldoraigne neem ons deel aan die Noordvaal toernooi  en NWU-Skolereeks  deel.  Ons rugby word deur die bekwame hande van Mnr. Dave du Plessis bestuur.  Huidiglig beskik ons oor afrigters wat ondervinding het as nasionale en provinsiale afrigters op skole- provinsiale en nasionale vlak.
 
In die bestaansgeskiedenis van Hoërskool Eldoraigne het verskeie spelers die SA-Skolespan, SA-Akademiespan, provinsiale O/20 en senior spanne al verteenwoordig. Stephan Lewies (Springbok); Robbie Coetzee (Leeus); John-Wessel Bell (Pumas), Willem Odendaal (Valke), Mornay Smith (SA A-Skole Span, Blou Bulle), Sarel-Marco Smit (SA-skole), Danny Botha, Wessel Kruger en Robbie Coetzee (SA-skole Akademiespan), Shayne Bolton (Ierland) is almal oud Eldo’s.
 
Ons hou jaarliks ‘n ‘derby’ teen Hoërskool Zwartkop wat deel uit maak van die FNB Classic Clash . En ons kan spog met 'n baie goeie rekord.
 
Geleentheid word aan alle spelers gebied om te ontwikkel as rugbyspelers en ook te verbeter in hulle posisies. Daardeur kan elke speler tot sy volle potensiaal ontwikkel en sy rugbyloopbaan op skool geniet en uitleef.

By ons kan jy ook gedurende die derde kwartaal deelneem aan die Noordvaal 7's Rugbyreeks . Hier word jou fynere vaardighede op die rugbyveld ook ontwikkel. 


Gesels met ons Rugbyorganiseerder vir meer inligting.


Mnr. Dave du Plessis

duplessisd@hseldo.co.za