Die toekoms van Eldoraigne se rugby, is groen, Eldo-Drake groen!


By Eldoraigne neem ons deel aan die

VirSeker Beker en NWU-Skolereeks  deel.  Huidiglig beskik ons oor afrigters wat ondervinding het as nasionale en provinsiale afrigters op skole- provinsiale en nasionale vlak. Ons afrigters het ook self 'n provinsiale trui of 3 oor hul koppe getrek.

In die bestaansgeskiedenis van Hoërskool Eldoraigne het verskeie spelers die
SA-Skolespan, SA-Akademiespan, provinsiale O/20 en senior spanne al verteenwoordig. Stephan Lewies (Springbok); Robbie Coetzee (Leeus); John-Wessel Bell (Pumas), Willem Odendaal (Valke), Mornay Smith (SA A-Skole Span), Sarel-Marco Smit (SA-skole), Danny Botha, Wessel Kruger en Robbie Coetzee (SA-skole Akademiespan) is almal oud Eldo’s.

Ons hou jaarliks ‘n ‘derby’ teen Hoërskool Zwartkop wat deel uit maak van die
FNB Classic Clash . En ons kan spog met 'n baie goeie rekord.

Geleentheid word aan alle spelers gebied om te ontwikkel as rugbyspelers en ook te verbeter in hulle posisies. Daardeur kan elke speler tot sy volle potensiaal ontwikkel en sy rugbyloopbaan op skool geniet en uitleef. Onder die hande van die oud-Springbok
kondisionerings afrigter Neels Liebel, word ons leerlinge tesame met Marna Potgieter, ons biokinetikus ontwikkel tot die beste van hulle eie potensiaal.


By ons kan jy ook gedurende die derde kwartaal deelneem aan die Noordvaal 7's Rugbyreeks . Hier word jou fynere vaardighede op die rugbyveld ook ontwikkel. 


Gesels met ons Rugbyorganiseerder vir meer inligting.


Vian Steynen

steynenv@hseldo.co.za





Share by: