Daar word soveel geleenthede gebied, dat elke leerling wat deel is van ons skool, iewers ʻn plekkie kan vind, om deel te wees van groot opwinding. Kom sing, dans, speel toneel, maak musiek, verf en teken, leef jou kreatiewe drome uit …

  • Dans

    Ons hou jaarliks oudisies om ons top dansers te identifiseer. Hierdie dansers kry dan geleentheid om by verskeie spogfunksies deur die jaar, op te tree o.a Cheerleaders, ons twee jaarlikse produksie, mnr.- en mej.- Eldoraigne, 

    Eldo Zing, Opedae, ons jaarlikse dansstudio-vertoning, asook ons eie Eldo-kunswedstryd. (Leerders van enige skool mag aan hierdie kompetisie deelneem).


    Kontak

    Vir navrae oor dans as vak en die dansstudio kontak vir Carol Etsebeth op 072 150 6760 of stuur ‘n e-pos: aan etsebethcarol@gmail.com. 


    Vir navrae, oor dans in geheel, kan u gerus ‘n e-pos stuur aan ons Danspromotor, Me Amor Le Roux, by lerouxa@hseldo.co.za.

  • Debat

    Hoërskool Eldoraigne se debat is meer as net ‘n platform vir ons raakpraters, maar ‘n tuiste waar leerders aan hulle selfvertroue bou, waar hulle leer hoe om op hulle voete te staan en vinnig te dink en om as span effektief saam te redeneer.


    Hulle ontwikkel beroepsvaardighede en vorm hegte vriendskappe wat vir ‘n leeftyd sal hou. Debat is meer as net ‘n aktiwiteit vir ons, dis die adrenalien wat in ons are vloei!


    Daar is tans 3 kompetisies in ons visier:

    1. ATKV-debatkompetisie 

    2. Con Spirito Kultuurvereniging Afrikaanse 

     Debatskompetisie

    3. Dink of Sink- onvoorbereide debatkompetisie


    Promoter Kontakbesonderhede:

    Me Coetzee - coetzeem@hseldo.co.za


  • Eldo Musiq Studio

    Die Eldo Musiq Studio bied individuele lesse aan in die volgende instrumente: Viool, Klavier, Kitaar, Klawerbord, Baskitaar en Ukulele. Vir beginners tot gevorderde studente van enige ouderdom.

    Ons streef daarna om ‘n professionele omgewing te skep waar studente in gemak hul gekose instrument kan bemeester. 


    As ‘n student verkies, kan hy/sy musiekeksamens aflê deur die ABRSM of Trinity College eksamenraad. Eksamens is egter nie verpligtend nie. 


    Die Studio Orkes word deur leerlinge van die skool opgemaak. Enige instrumentalis is welkom om ‘n oudisie af te lê om deel te kan word van die orkes. 


    Orkesoefeninge vind plaas by die skool op Dinsdaemiddae vanaf 17:00-18:00.


    Promoter Kontakbesonderhede: 

    Annelene Malan - malanA@hseldo.co.za

  • Eldo Ridente (Koor)

    Hoërskool Eldoraigne se koor is onder leiding van Franco Prinsloo as ‘n nuut saamgestelde koor met ingang 2020 gevestig.  Hierdie jong koor van ongeveer 70 lede bestaan uit ‘n samestelling van seuns en dogters van graad 8 tot 12 en word onder die koorleier se bekwame leiding en musikale ervaring gelei om musikale hoogtes te bereik. 


    Ons is bevoorreg om ons sang met die gehoor te deel en sodoende die luisteraar te herinner aan die universele taal van musiek.  Eldo Ridenté toer graag indien hulle die geleentheid kry.


    Ons koor, die Eldo Ridente, sing regdeur die jaar by verskeie feeste, kompetisies en ander glansgeleenthede. Onder leiding van Mnr Franco Prinsloo, gaan ons koor van krag tot 

    krag. Hulle het in 2022 ‘n Goud by die ATKV Applous gewen en het in 2023 met ons hoëstemkoor 'n 4de plek nasionaal  by die ATKV Applouse gewen en sien uit om in 2024, hoër hoogtes te bereik.


    Oefen tye 2023:

    Koor oefen Maandae aande 18:00 – 20:15 in die skoolsaal


    Promotor kontakbesonderhede:

    Ameri de Beer

    debeera@hseldo.co.za


    Franco Prinsloo (Dirigent) francoprinsloo.prinsloo@gmail.com 


    Ferdi Geyer (Begeleier) 

    ferdi.geyer@gmail.com




  • Eldo-Zing sang kompetisie

    Hierdie jaarlikse solosangkompetisie is ‘n opwindende gebeurtenis. Daar word uitdunne gehou van alle soliste wat graag wil deelneem en dan, op 'n finale aand word daar deur professionele beoordeelaars, kategorie wenners, 'n gehoorkeuse aangewys en natuurlik 'n algehele wenner. Daar is heerlike pryse op die spel. Laerskool leerlinge van omliggende laerskole is welkom om aan ons laerskole afdeling van hierdie kompetisie deel te neem. 


    Gesels met ons sang promotor vir meer inligting.


    Promotor kontakbesonderhede:

    Carla Fourie - fouriec@hseldo.co.za


  • Kultuurkarnaval

    Die hoogtepunt en beste vertoonvenster van wat werklik in die kultuurhart van die skool aangaan, word weerspieël in die jaarlikse Kultuurkarnaval. 


    Dit neem die vorm van graadgroepkonserte aan, waartydens die leerders verantwoordelik is vir die volle spektrum van ‘n kultuurkonsert. 


    Die uitbeeld van ‘n tema, die bemarking, die verversings en die program, is deel van ‘n grootskaalse interne kompetisie. Wenners in elke kategorie word aangekondig en die graadwenners met die hoogste punte, kry ook ruim erkenning. Items op die planke wissel tussen sang, drama, dans, instrumentale items, kunswerke en skryfkuns.


    Gesels met ons kultuurhoof vir meer inligting.

    Vinkie Schaap - schaapv@hseldo.co.za


     

  • Orators

    The art of delivering eloquent speeches, but not in your mother tongue. This takes confidence and a love and passion for English as a language.


    We start the year with class speeches. The internal trials then follow and we always look forward to our Internal Orators’ Evening where the Top 5 speakers per grade are announced.


    There are various competitions our speakers can participate in namely: Van Huyssteens, Radikale Redenaars, Oppie Tong Af, Conspirito etc.


    Contact person: 

    Ms Jolien Botha - bothaj@hseldo.co.za

  • Produksie

    Hoërskool Eldoraigne bied  jaarliks óf ‘n musikale blyspel óf ‘n groot kultuurproduksie aan, waaraan alle leerders, wat ‘n oudisie slaag, deelneem. ‘n Liefdadigheidsoptrede van hierdie produksie, is die kultuurleerders se manier om dankie te sê vir hope talent. 


    Gesels met ons kultuurhoof vir meer inligting.

    Vinkie Schaap - schaapv@hseldo.co.za





  • Redenaars

    Ons harte bons van trots as ons sprekers so pragtig, in hul moedertaal, die gehoor betower met hul prag woorde. Eldoraigne skitter by die verskeie kompetisies en ons nooi ons sprekers 

    uit om deel te raak van ons prater gemeenskap.


    Op redenaarsgebied is die Hoërskool Eldoraigne besonder aktief en beslis die heel beste redenaarsskool in Pretoria. 

    Belangstellende leerders word by ons die geleentheid gebied om die woordkuns te bemeester en te ontwikkel. Dit is beslis ‘n lewensvaardigheid wat uiteindelik deure oopmaak vir leerders, omdat hulle kan kommunikeer sonder enige vrees om voor mense op te tree.


    Ons neem deel in verskeie kompetisies onder andere: Van Huyssteens, Radikale Redenaars, Oppie Tong Af, Conspirito, Artistatue en nog meer.


    Promotor Kontakbesonderhede:

    Me Melanie. Potgieter - potgieterm@hseldo.co.za


  • Sang

    Van koor tot soliste is hier ‘n plekkie vir elke sanger op die Eldo-verhoog! 


    Ons koor, die Eldo Ridente, sing regdeur die jaar by verskeie feeste, kompetisies en ander glansgeleenthede. Onder leiding van Mnr Franco Prinsloo, gaan ons koor van krag tot 

    krag. Hulle het in 2022 ‘n Goud by die ATKV Applous gewen, en sien uit om in 2023, hoër hoogtes te bereik. 


    Solosangers, duette en trio’s word uitgenooi om aan ons jaarlikse kompetisie, Eldo Zing deel te neem, om nie net te presteer nie, maar om ook te groei saam met ons meester beoordelaars. 


    Eldoraigne is ook opgewonde om in 2023 die South African Championships of Performing Arts op eie bodem te verwelkom waar hulle vir deelnemers geleentheid bied om vir uitvoerende kunste nie net groot te kan wen nie, maar om ook Suid Afrikaanse kleure te verwerf.


    Promoter Kontakbesonderhede:

    Me Carla Fourie - fouriec@hseldo.co.za

  • Toneel

    Toneel vorm deel van Hoërskool Eldoraigne se DNS. Hier fokus ons daarop om elke leerder die geleentheid te bied om homself kreatief op die verhoog uit te leef. Daar is geleentheid om elke aspek van die teater te ondersoek; van skryf, regie, toneelspeel en ontwerp, elke tegniese aspek van nader te bekyk en so word elke leerder die geleentheid gebied om sy eie talent te ontdek en uit te leef.  


    Kompetisies:

    • Pronk Podium 
    • FAK Allegretto
    • ATKV Tienertoneel kompetisie ens.

    Promotor kontakbesonderhede:

    Elaine Pansegrouw - ficke@hseldo

Share by: