
As deel van Hoërskool Eldoraigne se visie om leerders toe te rus met lewensvaardighede en waardes om toekomstig hul roeping te vervul, is 'n Sentrum vir Uitnemendheidontwikkel. Alhoewel nog in kinderskoene word groot spronge reeds gemaak.
Agt spesialis terreine is geïdentifiseer waarin leerders volgens die missie van die skool gebalanseerde, dinamiese en uitmuntende onderrig en opleiding ontvang.
Die Sentrum vir Uitnemendheid word professioneel deur die skool bestuur in vennootskap met alle belangegroepe en roepingsbewuste personeel asook kundige buitestaanders.
Vir enige navrae kontak Lientjie Sothmannl@hseldo.co.za
Deur effektiewe segementering word tans op die volgende sektore gefokus:
Alpha Wiskunde - word aangebied vanaf graad 9
TurboCad - word aangebied vanaf graad 10






