Eldo's wys die blikbreine wie is baas
- By Annalien Venter
- •
- 14 Jun, 2018
- •
COMPUTER APPLICATIONS OLIMPIAD


Op 8 Mei het veertien Gr 12-Rekenaartoepassingstegnologie (RTT) leerders van Hoërskool Eldoraigne aan die Computer Applications Olympiad deelgeneem. Hulle het uitstekend gevaar.
Die volgende leerders verwerf:
- Goud: Geo Breedt (90%), Zané Pretorius (85%) en Hermonique Weber
(80%).
- Silver: Dylan Casper, Elizma van Zyl en Natasha Vermeulen.
- Brons: Christiaan Falk. Zurika Raubenheimer, Zelri Broodryk, Ruan
Vermeulen en Johndré Berry.
Daar het altesaam 4 932 leerders landswyd aan hierdie kompetisie deelgeneem. Die leerders van Eldoraigne wat op 6 Junie aan die 2de rondte deelgeneem het op die foto van links na regs: Geo Breedt, Natasha Vermeulen, Zané Pretorius, Elizma van Zyl, Hermonique Weber en Dylan Casper (Afwesig). Die finale rondte vind in Kaapstad plaas op 26 Junie 2018.