Sagtebal is sinoniem met Saamstaan, Sterre wees en Sportmangees!

As jy deel wil wees van een van die opwindenste sportsoorte by Eldoraigne, moet jy dedurende die DERDE kwartaal aan sagtebal deelneem. Die Sagtebal-seisoen is elke jaar vir almal betrokke ‘n ontspannende pret-tydperk. Daar word hard geoefen en elke wedstryd word met erns benader, MAAR nooit sonder baie pret en plesier nie!

Ons het verskeie buite afrigters en onderwysers wat
passievol is oor die sport en al is dit jou eerste keer wat jy speel, sal jy gou leer hoe en wat jy moet doen.

Aanvaar die
uitdagingen kom speel Sagtebal!


Gesels met ons sagtebal promotor vir meer inligting.


Melissa Ferreira

ferreiram@hseldo.co.za

Share by: