Die iGeneration in EDEN?
- By Annalien Venter
- •
- 29 May, 2018
- •
Toneel Presteer in Afrikaans, in Engelse Prestige Kompetsie
Hoërskool Eldoraigne het 2
tonele gehad wat vandeesmaand aan die dertiende Festival of Excellence in
Dramatic Arts (FEDA) deelgeneem het. Dramatiese Kunste is een van die hoërgraad
vakke wat deesdae baie aftrek by Eldoraigne kry, en dit is verseker te danke
aan die hoë standaard kompetisies waaraan hulle deelneem. FEDA is beslis
een daarvan. Hoërskool Eldoraigne was van die uitgelese skole wat vir die
tweede jaar uitgenooi is om deel te neem. Skole word slegs genooi na aanleiding
van die reputasie van hul Drama Departement. ‘n Uitstaande prestasie in eie reg
omdat FEDA ‘n toneelkompetisie is waar hoofsaaklik Engelse Privaatskole mekaar
die stryd aan sê.
Twee van Hoërskool
Eldoraigne se tonele het die pad na Johannesburg aangedurf om aan die toneelkompetisie
deel te neem. Eldoraigne se toneelspelers het gewys dat hulle vir geen privaatskool
hoef terug te staan nie, en het nege nominasies en ‘n verdere drie toekennings
ingepalm tydens hierdie fees met hul Afrikaanse
produksies iGeneration
en EDEN. Die Toneel EDEN
het die toekennings vir
Beste Beligtingsontwerp, Beste Choreografie en Beste Nuutgeskrewe teks ingepalm
en was ook aangewys as een van die Top ses toneelstukke (uit 65 ander stukke)
van die fees – glad nie sleg vir ‘n Afrikaanse toneel tussen 65 Engelse Privaatskole
nie!
Daar is leerlinge wat aan FEDA deelgeneem het, wat al selfs in London en Los Angeles gaan studeer het. Eldoraigne se toneelspelers is dus bestem vir groot dinge.