Eldoraigne Redenaars en Orators... ons laat ons woorde tel!

  • By Annalien Venter
  • 13 Nov, 2017

Eldo's maak hul stemme dik.

Hoërskool Eldoraigne se Redenaars en Orators het in 2017 hul stem dik gemaak op alle vlakke.

Tydens die ATKV se eerste rondte het agtien leerders puik presteer en veertien leerders het deurgedring na die semi-finaal. Al ses die voorbereide sprekers het die paal gehaal en onder die top tien geeïndig. Die leerders was selfversekerd en baie goed voorbereid en selfs die onvoorbereide deelnemers het almal op die voorpunte van hulle stoele laat sit. Christiaan Roux en Jean-Minique White het Eldoriagne op 19 Augustus 2017 in Goudini in die Kaap verteenwoordig by die finale rondte van die kompetisie. Hierdie is ‘n ongelooflike prestasie en ons glo Christiaan en Jean-Minique gaan nog groot skares met hulle woord betower.

Die Van Huysteens Redenaarsfees was inderdaad ‘n fees vir die oor! Eldoraigne se redenaars was een van die suksesvolste skole in die kompetisie. Ons wil veral melding maak van die matriekleerders. Hierdie span het vir vyf jaar in ‘n ry, die Tweetalige Spankompetisie gewen. ‘n Totaal van vier spanne en vier leerlinge spog elkeen met ‘n gesogte Van Huyssteens hamertjie.

Oppie Tong Af is vir die dapperes en die kreatiewes wat bereid is om te waag. Die hooffokus is om sprekers te kweek wat die planeet en sy inwoners in die bek kan ruk en sodoende die land en die wêreld kan verander deur te praat waaroor elke spreker sterk voel. Dit is dan presies wat Eldoraigne se Redenaars en Orators vanjaar by die kompetisie gedoen het. Ons het 40 leerders vir die kompetisie ingeskryf. Hulle het individueel of in spanne deelgeneem en tydens die eerste rondte 9 A++, 12 A+, 4A’s, 3 B+ en 1B verower.

By die Nasionaal-finaal het Eldoraigne wel deeglik hul stempel afgedruk. Ons palm tien eerste plekke, twee 2de en twee 3de in die Hoërskole afdeling in.

Laaste maar nie die minste nie het Eldo’s ook aan die Radikale Redenaarsfees deelgeneem en 24 individue en twee spanne het aan die kompetisie deelgeneem. Die uitslae was goed en vyf individue en twee spanne het na die Gauteng-finaal deurgedring! Miné Smit, graad 11, en die graad 8-span, Christiaan Roux, Liné Crafford, Leandré van Dijk en Michelle Bester het na die Nasionale-finaal deurgedring.

Ons is trots op elke leerder wat ook in dié leerervaring presteer en gegroei het. Ons kan voorwaar sê dat Hoërskool Eldoraigne ‘n top jaar gehad het as dit kom by redeneer en het verseker hul woorde getel en laat tel, waar dit saak maak.

By Annalien Venter 14 Jun, 2018
Leerlinge met Rekenaartoepassingstegnologie (RTT) neem deel aan die Computer Applications Olimpiad
By Annalien Venter 08 Jun, 2018
Jacques Malan maak golwe in die swembad.
By Annalien Venter 08 Jun, 2018
Jacques Malan maak golwe in die swembad.
By Annalien Venter 08 Jun, 2018
Ons eie Eldo-Judoka reis die wêreld vol om haar merk te maak.
By Annalien Venter 29 May, 2018
Eldo-Toneel presteer by FEDA 2018.
By Annalien Venter 08 Feb, 2018
Ons eie Eldo gaan na NASA se vuurpyl museum toe in Huntsville, Alabama.
By Annalien Venter 22 Jan, 2018
Eldo's se 2018 Atletiekseisoen skop af met die Interhuis.
By Annalien Venter 18 Sep, 2017
Eldo tonele neem landswyd deel!
By Annalien Venter 15 Sep, 2017
Eldoraigne vir ons hoof se verjaardag en daar was pure perde by die Colour of Eldo July.
Share by: