Eldo-Interhuis Atletiek 2018
- By Annalien Venter
- •
- 22 Jan, 2018
- •
Die Germane, Spartane en Trojane sê mekaar die stryd aan.

Hoërskool Eldoraigne het hul 2018-Atletiekseisoen afgeskop met die Interhuis. Hierdie jaar is die skool verdeel in 3 spanne, die Germane (Blou), Spartane (Pers/Rooi) en Trojane (Geel). Die spanne het mekaar op die baan en op die pawiljoen die stryd aangesê. In die snikheet son het elke leerling sy beste gegee en daar kan verseker gemeld word, dat dit voorwaar ‘n baie suksesvolle byeenkoms was. Met die 1 500 plus leerlinge op en om die baan het die rekords behoorlik gespat.
Die atlete waarvan daar melding gemaak moet word is Ilana Jansen wat die 0/15-Dogters Spiesgooirekord verbeter het met ‘n afstand van 37.83m en sy behaal 939 ABSA-punte. Ilana ontvang die Beste Veld-atleettoekenning. Francois Venter gooi ‘n allemintige 14,59m in die 0/16-seuns gewigstoot en verbeter ook die rekord. Hy ontvang die Beste Veld-atleettoekenning. Die Beste Baanatleet, Senior Victric Ludorum en Atleet van die Byeenkoms, Antoinette van der Merwe hardloop in die 100m, dogters 0/17 ‘n tyd van 11.90s en verbreek sodoende ook die rekord. Sy behaal 2574 punte op die ABSA-punte vir die dag se deelname.
Ons wens ook die volgende leerlinge geluk met hul individuele toekennings vir die byeenkoms, Beste Junior Seuns Baanatleet: Christiaan Oberholzer (0/15 800m), Beste Junior Dogters Baanatleet: Amoné Venter (0/14 200m), Beste Senior Seuns Baanatleet: Zandré du Toit (0/16 200m), Junior Victrix Ludorum: Amoné Venter, Junior Victor Ludorum: Keagan Hunter, Senior Victor Ludorum: Rico Coetzee.
Aan die einde van die baie warm dag is die geesbeker aan die Germane toegeken, maar die Trojane het gewys dat hulle die wilskrag het as dit kom by spierebult op en om die atletiekbaan. Hoërskool Eldoraigne se atletiekseisoen begin volgende week met ‘n tuisbyeenkoms.