Eldo Toneel maak golwe in die kultuur bedryf
- By Annalien Venter
- •
- 18 Sep, 2017
- •
Aardklop en ATKV Tienertoneel hier kom ons!

In 2017 het 'n allermintige 29 tonele uit Eldoraigne se kultuurdepartment gekom. Na die interne toneelkompetisie is 5 van die beste tonele gekies en is hulle op verskeie platvorms geleentheid gegee om hulle talente uit te leef.
Na baie ure en kilometers is ons top 3 tonele, KZ, Dubbelloop en Prediker die tonele wat ons naam hoog gehou het by die ATKV Tienertoneel kompetisie uitdunne regoor die provinsie. Ons top 5 tonele het ook tydens die Tshwane Toneelfees opgetree en na die fees is trots om te kan sê dat KZ deurgedring het na die ATKV Pronk Podium tydens die 2017 Aardklop fees.
Dus, as jy enigsins getwyfel het maak Eldoraigne Kultuur skoonskip as dit kom by toneel. Eerskomende Oktober vakansie reis die toneel geselskappe van Prediker 3 en KZ die land plat tussen Aardklop en die ATKV Tienertoneel se landswye finaal. Baie dankie aan almal se insette, harde oefening en tyd wat julle ingesit het om hierdie geleentheid te kan aangryp. Ons hou vir julle baie styf duimvas.
Eldo's die kultuurfontein van Centurion!