VAKKEUSES

Graad 8 tot Graad 9

In die graad 8 jaar voltooi al ons graad 8 leerders die HPM Leervaardigheidstoets en in graad 9, aanleg- en belangstellingstoetse, om die vakkeuseproses te vergemaklik. Tydens ‘n spesiale vakkeuseinligtingsaand wat jaarliks in Augustus vir graad 9 leerders en ouers gehou word, word alle aspekte rakende die vakkeuses, toelatingsvereistes vir tersiêre inrigtings, die uitslae van bogenoemde toetse en vraelyste en ander relevante inligting indringend bespreek. 

Vakkeuses:

Groep A - Verpligte vakke

  • Afrikaans (Amptelike Huistaal)
  • Engels (Eerste Addisionele Taal)
  • Wiskunde of Wiskunde Geletterdheid
  • Lewensoriëntering
  • Natuurwetenskappe - NW:

- Fisiese- en Lewenswetenskappe

  • Sosiale Wetenskappe - SW:

- Geskiedenis

- Geografie

  • Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe - EBW:

- Rekeningkunde

- Besigheidstudies

  • Tegnologie
  • Skeppende Kunste:

- Kuns

- Drama

Groep B - Verpligte vaardigheidsvakke

  • Rekenaartegnologie

Groep C - Verrykingsvakke: Kies een

  • Tegniese Tekene
  • Gasvryheidstudies
  • Kunste:

- Dans

- Drama

  • Elektroniese Tegnologie

Neem kennis: Indien Kunste  gekies word, moet die betrokke of kunste aktiwiteit ook aangedui word. ‘n Kort verslag van deelname en prestasie in die aktiwiteit moet saam met die aansoek om toelating ingedien word. Daar is ruimte in die aansoekvorm hiervoor.

Buite-kurrikulêre vakke: 

Sekere ekstra-, agste-. buite-kurrikulêre- en ander verrykkingsvakke word op ons skoolterrein aangebied, na gewone skoolure (07:20-14:00). Gaan kyk gerus wat ons bied by die Sentrum vir Uitnemendheid.

Inligtingstegnologie (IT) of Rekenaartoepassingstegnologie (RT) (Gr 10 - 12) Inligtingstegnologie is onderhewig aan keuring op grond van akademiese prestasie in die vak Wiskunde. (Let wel: Wiskunde en NIE Wiskundige Geletterdheid MOET saam met Inligtingstegnologie geneem word).

RT verskil van IT in die opsig dat: 

RT fokus op die hantering van inligting en oplos van probleme deur die gebruikmaking van toepassingspakette (Word, Excel, Access, Powerpoint, Webbladsy ontwerp (HTML) ens). Teoreties word daar in RT aandag geskenk aan die volgende onderwerpe: hardeware, sagteware, netwerke, rekenaar-sekuriteit en rekenaaretiek. IT fokus op die oplos van probleme hoofsaaklik deur middel van programmering (Scratch, Delphi). Webontwerp en die opstel van ‘n databasis vorm ook deel van hul sillabus. IT fokus op aspekte soos e-kommunikasie, mens-rekenaar-interaksie, sosiale implikasies van die rekenaar, nuwe tegnologie ens. 

Gasvryheidstudies (Gr 8 & 9 asook Gr 10 - 12) 

Gr 8 & 9 Verryking: keusevak. Gr 10 – 12 Keusevak (Voorheen Hotelhouding en Spyseniering) 

Gasvryheidstudies is ‘n opwindende studierigting en van die weinige rigtings waar ‘n leerder vanuit die skool in ‘n beroep kan instap. Ons leerders is baie gewild by verskeie tersiêre opleidinginstansies as gevolg van hulle goeie basiese opleiding. 

Leerders word by die leerproses betrek deur aktiwiteite wat direk op hul ervaringsveld gerig is. ‘n Wye reeks aktiwiteite wat verskeie vaardighede toets en wat vir self-evaluering voorsiening maak, is in elke eenheid vervat, naamlik: Sjef - nie net om kos te maak nie, maar ook die fynere kuns om dit aantreklik aan te bied. Restaurantdiens - behels Maitre d’hotel, kelner, kroegman en kroegassistent. Ons spog met `n lieflike restaurant, La Doraigne, waarheen ouers tydens praktiese restaurantaande kan wegbreek vir ‘n heerlike ete en kuier. ‘n Besondere hoë standaard word hier gehandhaaf. 

Kuns (Gr 8 – 12) 

In Graad 8 en 9 is Kuns een van die komponente van Skeppende Kunste. Dit behels ‘n teoretiese komponent (kunsgeskiedenis) en ‘n praktiese komponent nl Tekenkuns en Skilderkuns.

In Graad 10-12 neem leerders Visuele Kuns of Ontwerp as een van hul sewe vakke. In beide hierdie vakke behels die praktiese komponent ten minste 1 uur se tuiswerk per dag.

Visuele kuns

In die praktiese komponent word verskeie dissiplines ingesluit soos skilderkuns, tekenkuns, beeldhoukuns, asook verskeie handvaardighede. In die teoretiese komponent word gefokus op visuele geletterdheid en kunsgeskiedenis, insluitende inheemse kultuur. 

Ontwerp

Die praktiese komponent sluit in grafiese ontwerp, inligtingsontwerp, interieurontwerp, asook ander ontwerpdissiplines. In die teoretiese komponent word gefokus op visuele kommunikasie en die geskiedenis van ontwerp. 

Dramatiese Kunste (Gr 10 - 12) en Drama (Gr 8 & 9)

In Graad 8 & 9 is Drama een van die komponente van Skeppende Kunste. In Graad 10-12 kan leerders Dramatiese Kunste as een van hulle vakke oorweeg. Dit is nie net vir leerders wat akteurs wil word bedoel nie, maar vir almal wat regte, teologie, onderwys of enige ander beroepsrigting kies waarin ‘n mens met mense werk. Dit versterk jou selfvertroue en jou vermoë om jouself uit te druk in elke situasie. Die vak bestaan uit 50% teorie, 50% prakties en hope pret. 

Graad 10 tot Graad 12

In die graad 8 jaar voltooi al ons graad 8 leerders die HPM Leervaardigheidstoets en in graad 9, aanleg- en belangstellingstoetse, om die vakkeuseproses te vergemaklik. Tydens ‘n spesiale vakkeuseinligtingsaand wat jaarliks in Augustus vir graad 9 leerders en ouers gehou word, word alle aspekte rakende die vakkeuses, toelatingsvereistes vir tersiêre inrigtings, die uitslae van bogenoemde toetse en vraelyste en ander relevante inligting indringend bespreek. 

Vakkeuses:

Groep A - Verpligte vakke

  • Afrikaans (Amptelike Huistaal)
  • Engels (Eerste Addisionele Taal)
  • Wiskunde of Wiskunde Geletterdheid
  • Lewensoriëntering

Groep B - Kies 3 ander keusevakke 

  • Fisiesie Wetenskappe*
  • Lewenswetenskappe
  • Ingenieursgrafika- en ontwerp
  • Toerisme
  • Gasvryheidstudies
  • Ontwerp
  • Visuele Kuns
  • Elektronika*
  • Geografie
  • Rekeningkunde
  • Ekonomie
  • Besigheidstudies
  • Inligtingstegnologie
  • Rekenaartoepassingstegnologie
  • Geskiedenis
  • Verbruikerstudies

Groep C - Addisionele vakke (agtste vakke)

  • Geografie
  • Geskiedenis
  • Lewenswetenskap
  • Besigheidstudies
  • RTT
  • IGO
  • Ekonomie
  • Toerisme
  • Alpha Wiskunde

Share by: