KLEIN SPORTSOORTE



BERGFIETSRY


Bergfietsry word deel van ons groot sport geleenthede in 2017. Ons is baie trots en opgewonde om te sien hoe die leerders gaan presteer. 


Gesels met ons bergfietsry promotor vir meer inligting.


guessjc@hseldo.co.za


TENNIS


“Play with respect. Win with grace.” Roger Federer


“Work hard. Have fun and make it happen.” Rafael Nadal


Met hierdie wyse woorde van 2 groot sportsterre bo aan die sportleer in die wêreld is die fokus van tennis by Hoërskool Eldoraigne om die waardes van tennis oor te dra aan elke Eldo speler. 


Ons fokus op selfdissipline, koördinasie en deursettingsvermoë en leer die spelers dat tennis ‘n “gentleman’s game” is. 


Ons bied professionele afrigting deur die FVR Tennis Academy met Fanie Janse van Rensburg as afrigter. Ons bied aan elke speler die geleentheid om hulle spel te verbeter en sy/haar hoogste sport te bereik.


Eldoraigne se hart klop warm vir TENNIS en ons sal enige toekomstige tennisspeler met ope arms ontvang.


Vir meer inligting kontak gerus ons promotor


Me. Marette Kotzé

kotzem@hseldo.co.za


GHOLF

 

Die afrigters volg ‘n internasionale program van die PGA. Spelers wat hierdie program voltooi kry ‘n sertifikaat wat internasionaal erken word.


Spelers wat nie gholf as vak neem nie, kan ook afrigting ontvang by die TPGA-afrigters by dieThatchfield Gholfbaan.


Ons binnenshuise fasiliteite wat deel vorm van ons krieket akademie, gee jou as speler ook die kans om te ontwikkel as gholfspeler.


Eldoraigne was reeds by verskeie geleenthede die Noord Gautengwenners. Verskeie provinsiale spelers is al opgelewer, onder andere wenners van die SA Junior-Kampioenskappe en ‘n wenner van die SA Senior Amateur-ope. Een van ons spelers het ook al ‘n gholfbeurs ontvang vir studies in die VSA.


Gesels met ons vir meer inligting. 


JC Guess

guessjc@hseldo.co.za


MUURBAL


Muurbal is 'n uitstekende sport waar balans, koördinasie, uithouvermoe, krag en ratsheid ontwikkel word.


Daar word jaarliks muurbalspanne in geskryf om aan die skole liga en TUKS Skolereeks deel te neem. Ons beskik oor twee senior en twee 0/16 spanne. Leerders oefen by hul onderskeie muurbal klubs. 


Ons groot mikpunt is om van ons leerlinge aan die jaarlikse skole liga te laat deelneem maar meer nog om vir elke leerling 'n liefde vir die spel te kweek sodat hulle muurbal kan speel tot op 'n baie hoë ouderdom.


Gesels met ons muurbal promotor vir meer inligting.


Vian Steynen

steynenv@hseldo.co.za


SKAAK – DIE SPORT VAN KONINGS


Swart op wit, wit op swart, Kasparov se "Scotch game", 32 stukke en meer as 'n miljoen kombinasies van skuiwe.  


Jy moet seker 'n genie wees om die spel te kan speel en dan nog die "En Prise"-tegniek te waardeer soos uitgebeeld in 1.e4 e5 2.Nf3 Nc6 3.Ng5? ... Indien swart QxNg5 speel verloor wit sy ruiter (op g5) en niks om te wys vir sy openings moeite nie.


Jy hoef nie geniaal te wees om skaak te speel nie! Skaak is 'n mededingende sport wat karakter bou en hier by Eldoraigne leer ons jou sommer vinnig om die regte skuiwe te maak en jou karakter te bou.  Die spel leer ons jongmense om in 'n uiters mededingende wêreld welslae te behaal, om wedywering te verwag, doeltreffend te beplan, om tot die uiterste toe te strewe na die verwesenliking van hul doelwitte, maar ook om as waardige verloorders uit die stryd te kan tree. Daarby oefen skaak jou intellek, dit bevorder jou kreatiewe denke asook jou vermoë om langdurig te konsentreer – beslis 'n aanwins vir akademiese prestasies.


Tans word die skaakspelers van Eldoraigne afgerig deur Chess Excellence onder leiding van Nicholas van der Nat en sy bekwame afrigters.


As jy wil deel wees van hierdie opwindende spansport, kom woon 'n oefening by en ons wys jou hoe om te "move it – move it"


Gesels met ons skaakpromotor vir meer inligting.


Johan Herbst

herbstj@hseldo.co.za


SKYFSKIET

 

Skyfskiet is ‘n sportsoort vir enige seun of meisie met ‘n gedissiplineerde persoonlikheid, geduld en die wilskrag om teen hom- of haarself te kompeteer.


Hoërskool Eldoraigne is bevoorreg om een van die skole in Pretoria te wees wat nog dié sportsoort aanbied en bevorder. Skuts het die geleentheid om by die skool te oefen, neem deel aan kompetisies teen omliggende skole en word aangemoedig om aan al die proewe deel te neem.


Die skool beskik oor 24 gewere waarmee skuts kan skiet, maar meeste van die skuts besit reeds hul eie gewere en toerusting. Eldo-skyfskiet is ‘n sport waar die hele familie deel van die skuts-familie kan word. 


Gesels met ons skyfskiet promotor vir meer inligting.


guessjc@hseldo.co.za


PERDESPORT

 

Ons het ‘n formidabele span van 14 ruiters! Alle leerders is egter welkom om aan te sluit en ons sal graag nuwe jong ruiters in ons midde wil verwelkom.


Ons neem deel aan die Gauteng-Noord liga wat deur SANESA aangebied word. Ruiters kry afrigting by hulle onderskeie ryskole en moet hulle eie perde hê of huur.


Sluit aan by ons span – ons is geesdriftig, uniek en entoesiasties. 


Gesels met ons perdry promotor vir meer inligting.


Rika Davel

davelh@hseldo.co.za


Diane Horn

diane@captivatinglife.co.za


SWEM


Koel die nuwe jaar af in die swembad!


Eldoraigne se swem is iets waarop jy nie mag uitmis nie. Die swemseisoen vind plaas gedurende die eerste kwartaal waar ons weeklikse oefensessies het en ook deelneem aan 5 ligagalas. 


Die seisoen vind plaas tydens Januarie en Februarie, waar ons dan einde September weer begin met ons voorseisoen. Eldoraigne se swemspan oefen met passie en gryp elke gala met albei hande aan en met baie pret. 


Kom wees deel van Hoërskool Eldoraigne se swemspan.


Gesels met ons swempromotor vir meer inligting.


Nicole Amiras

amirasn@hseldo.co.za



BOOGSKIET


Boogskiet  het deel geword van ons sport wat ons aanbied in 2017. Ons is baie trots en opgewonde om te sien hoe die leerders gaan presteer.


Ons was bevoorreg om al die NASP Gauteng Provinsiale Boogskiet Kompetisie aan te bied by ons skool. ‘n Rekord getal van 415 skuts uit 32 skole van regoor Gauteng het aan hierdie kompetisie deelgeneem. Met Eldoraigne wat ook hul stem kon dik maak tydens die kompetisie.


Gesels met ons boogskiet promotor vir meer inligting.


Christelle Aucamp

christelle@centurionboogskiet.club


TROMPOPPIES


Die trompoppies van Hoërskool Eldoraigne is ‘n gedugte span.


Ons bestaan al sedert 1989 en ons prestasies die afgelope 29 jaar spreek van deursettingsvermoë, innovering en toewyding.


Sedert 2002 tel ons span onder die Top 5 in Suid-Afrika. Ons behoort aan die Gauteng Majorette Cheerleading Association (GMCA) en kompeteer met die beste skole in Gauteng. Besondere prestasies word jaarliks behaal - ons was al drie keer provinsiale wenners. Ons is baie trots op wat ons al vermag het en streef hoë ideale na vir die toekoms.


Die groep bestaan uit 30 – 45 meisies wat soos een groot familie saamwerk. Ons trompoppies verwerf volle erekleure indien ons onder die Top 5 op die Suid-Afrikaanse kampioenskappe eindig.


Hier word selfdissipline, pligsgetrouheid en selfvertroue gekweek, te midde van baie harde werk en pret. 


Gesels met ons trompoppie promotor vir meer inligting.


Jc Guess

guessj@hseldo.co.za


Share by: