TONEEL


By Hoërskool Eldoraigne is toneel springlewendig en gesond. By Hoërskool Eldoraigne het ons ‘n ryk tradisie van toneelkuns. Hoërskool Eldoraigne se toneelweek is eie in sy soort en merkwaardig aangesien meeste tonele se regie deurleerders behartig word. 


Gesels met ons toneel en teater direkteur vir meer inligting.


Elaine Fick

ficke@hseldo.co.za



ELDO-ZING


Hierdie jaarlikse solosangkompetisie is ‘n opwindende gebeurtenis. Daar word uitdunne gehou van alle soliste wat graag wil deelneem en dan, op 'n finale aand word daar deur professionele beoordeelaars, kategorie wenners, 'n gehoorkeuse aangewys en natuurlik 'n algehele wenner. Daar is heerlike pryse op die spel. Februarie en Maart is sangmaand. 


Gesels met ons sang promotor vir meer inligting.


Lientjie Sothmann

kultuur@hseldo.co.za



TAALKUNS


REDENAARS EN ORATORS

 

Op redenaarsgebied is die Hoërskool Eldoraigne besonder aktief en beslis die heel beste redenaarskool in Pretoria. Belangstellende leerders word by ons die geleentheid gebied om die woordkuns te bemeester en te ontwikkel. Dit is beslis ‘n lewensvaardigheid wat uiteindelik deure oopmaak vir leerders, omdat hulle kan kommunikeer sonder enige vrees om voor mense op te tree. 


Gesels met ons redenaars promotor vir meer inligting.


Orators

Joelien Botha

bothaj@hseldo.co.za


Redenaars

Melanie Potgieter

potgieterm@hseldo.co.za



Eldoraigne het n gevestigde debatkultuur en neem jaarliks deel aan die ATKV-Debatskompetisie, sowel as ander onvoorbereide kompetisies. 


Debat ontwikkel navorsingsvaardighede in leerders, hou hulle op hoogte van huidige kwessies in ons samelewing en leer hulle hoe om kritiese denke te formuleer in n bekwame spraak- en redeneringsvermoë. 


Onder die leiding van ons afrigters, word leerders volwaardige en betrokke lede van die Suid-Afrikaanse gemeenskap.


Gesels gerus met ons Debatpromotor vir meer inligting,


Yolanda Lotter

lottery@hseldo.co.za



KOOR

ELDO RIDENTé


Wat ‘n voorreg is dit nie om deel te wees van ELDO-RIDENTÉ nie. Enige leerling van Graad 8 - 12 kan, nadat ‘n oudisie geslaag is, ‘n EldoRidenté lid word. Die koor is ‘n tuiste vir almal. ‘n Tradisie het ontstaan deur elke jaar met ‘n koorkamp af te skop. Jaarliks word daar ‘n koorkomitee gekies, wat behulpsaam is met dissipline en sekere administratiewe reëlings. Die Koorkomitee lewer altyd ‘n puik bydrae, daarvan getuig die inhuldigingsfunksie, op die koorkamp, van nuwe lede. Eldo Ridenté toer graag indien hulle die geleentheid kry.


Kyk Eldo-Ridente video hier


Gesels met ons koorleier vir meer inligting.


Lientjie Sothmann

kultuur@hseldo.co.za



MUSIEKSENTRUM - ELDO MUSIQ

Hoërskool Eldoraigne se eie buitemuurse musiek-fasiliteit is waar elke leerling, wat baie graag ʼn instrument wil leer bespeel, of reeds besig is en wil aangaan daarmee, geholpe kan raak.


ELDO MUSIQ STUDIO bied onderrig in die volgende Instrumente by die skool aan:


Annelene Malan:             

  • Viool, Baskitaar en Musiekteorie

Dr Gerrie Pansegrouw:  

  • Elektriese Kitaar, Akoestiese Kitaar, Baskitaar, Dromme & Musiekteorie

Polyda van Niekerk:      

  • Dwarsfluit, Klavier, Blokfluit, Akoestiese Kitaar &  Musiekteorie

Die onderwyser-leerlingverhouding funksioneer op presies dieselfde manier as privaat musieklesse en alle reëlings oor lestye en lesgelde, word tussen die betrokke onderwyser en ouer/leerder aangespreek.


Enige navrae kan gerig word aan:


Lientjie Sothmann

kultuur@hseldo.co.za


PRODUKSIE

 

Hoërskool Eldoraigne bied jaarliks óf ‘n musikale blyspel óf ‘n groot kultuurproduksie aan, waaraan alle leerders, wat ‘n oudisie slaag, deelneem. ‘n Liefdadigheidsoptrede van hierdie produksie, is die kultuurleerders se manier om dankie te sê vir hope talent. 


Gesels met ons kultuur administrasie vir meer inligting.


Lientjie Sothmann

kultuur@hseldo.co.za



VOORTREKKERS

 

Die Eldoraigne Voortrekkers is deel van die Sytze Wierdakommando. Daar is elke jaar minstens twee Presidentsverkenners en bykans al die matriekverkenners slaag ook die hoofleierswageksamen. 


Gesels met ons Sytze Kommando vir meer inligting.


Sytze Wierdakommando

Mandie Kapp

074 779 0949

mandiekapp@telkomsa.net




KULTUURKARNAVAL


Die hoogtepunt en beste vertoonvenster van wat werklik in die kultuurhart van die skool aangaan, word weerspieël in die jaarlikse Kultuurkarnaval. 


Dit neem die vorm van graadgroepkonserte aan, waartydens die leerders verantwoordelik is vir die volle spektrum van ‘n kultuurkonsert. 


Die uitbeeld van ‘n tema, die bemarking, die verversings en die program, is deel van ‘n grootskaalse interne kompetisie. Wenners in elke kategorie word aangekondig en die graadwenners met die hoogste punte, kry ook ruim erkenning. Items op die planke wissel tussen sang, drama, dans, instrumentale items, kunswerke en skryfkuns. 


Gesels met ons kultuuradministrasie vir meer inligting.


Share by: