TOELATINGSVEREISTES


TOELATING VAN NUWE LEERLINGE

Die volgende toelatingsvereistes is goedgekeur deur die Beheerliggaam:
  • Die etos en kultuur van die skool, soos vergestalt deur die gemeenskap.
  • Die amptelike onderrigtaal is Afrikaans.
By inskrywing moet ‘n leerling ‘n bevredigende skolastiese rekord kan voorlê. Indien dit nie beskikbaar is nie, of indien daar twyfel bestaan, kan ‘n leerling aan toetse onderwerp word om sy plasing in ‘n bepaalde graad te bepaal. Daarbenewens moet leerders voldoen aan die akademiese standaard wat gestel word.

‘n Afskrif van die leerling se identiteitsdokument/geboortesertifikaat, sowel as ‘n oorplasingskaart en die nuutste rapport vanaf die vorige skool moet by inskrywing beskikbaar wees. ’n Afskrif van die identiteitsdokument van die ouer verantwoordelik vir die finansies, moet ook ingedien word.

Leerders moet hulle onderwerp aan die gedragskode van die skool. Ouers moet 'n afspraak met die graadhoof maak vir keuring waarna 'n onderhoud met die skoolhoof gereël sal word. Keuring sal onderhewig wees aan die volg van dié keuringsprotokol.

Skoolgeld soos bepaal deur die ouers tydens die Algemene ouer jaarvergadering, is jaarliks betaalbaar. Ouers ontvang maandeliks rekeningstate.

Die eerste paaiement, R3 200, is betaalbaar voor 30 November van elke jaar. Die eerste paaiement is nie terugbetaalbaar nie. Die uitstaande balans van tien paaiemente word vanaf Januarie tot Oktober betaal.

Share by: