

Registreer vir Opedag en word 'n Eldo-Ster!
Beste toekomstige Eldo-leerder
Geagte Toekomstige Eldos!
Ons sien baie daarna uit om u en u kind by ons Opedag op 23 April 2026 van 16:00 tot 19:00 by Hoërskool Eldoraigne te verwelkom.
Ons wyk vanjaar af van ons tradisionele program:
· 17:30 -18:15: ’n Verrassing vir alle Graad 7-leerders op die pawiljoen.
· 18:00: Die Hoof spreek ouers eenmalig toe op die vierkant, terwyl leerders steeds by die pawiljoen is.
· Ons beveel dus aan dat u u toer van die skool óf voor (16:00–17:30), óf na die bogenoemde (18:30–19:00) beplan.
· Indien u enige verdere inligting benodig, is u welkom om ons Bemarker by bemarking@hseldo.co.za te kontak.
Ons kan nie wag om vir u te wys hoe ons u kind se hoërskoolreis met sorg help vorm – op elke vlak, tot op die volgende vlak!
Eldo-groete





