

Registreer vir Opedag en word 'n Eldo-Ster!
Beste toekomstige Eldo-leerder
Ons wil nou jou graag beter leer ken! Skandeer die QR-kode om te registreer vir Hoërskool Eldoraigne se Opedag op 21 Mei 2025 en vertel ons meer van die aktiwiteite waarin jy belangstel.
Tydens die Opedag, het jy ‘n geleentheid om die uniekhede van ons pragtige skool te beleef en te sien hoekom Hoërskool Eldoraigne elke jaar as die top akademiese skool in Centurion aangewys word, verlede jaar GrootFM se hoërskool met die Grootste Gees was, en deurlopend puik prestasies op kultuur- en sportgebied oplewer.
Ouers, ons staan gereed om na afloop van die Opedag u te help met die inskrywingsproses en verdere inligting.
- Indien ‘n koffie-afspraak of privaattoer wil bespreek, is u welkom om bemarking@hseldo.co.za te kontak.
- Vir algemene inskrywingsnavrae, kontak asseblief inskrywings@hseldo.co.za.
Ons sien uit daarna dat jy deel word van die Eldo-familie.
Vriendelike groete
Mnr. Retief Smith
HOOF

