OPEDAG 2024


Registreer vir Opedag en word 'n Eldo-Ster!


Beste Graad 7-leerder


Dit is vir ons almal by Hoërskool Eldoraigne ‘n wonderlike voorreg om jou en jou gesin uit te nooi om ’n dag by ons skool te kom geniet. Jy en jou gesin is besig om een van die belangrikste besluite in jou jong lewe te maak, 

en daarom wil ons vir jou soveel inligting moontlik gee, sodat jy ’n slim keuse kan maak. 


Kom besoek ons skool met sy uitnodigende, pragtige terrein waar jy veilig en belangrik gaan voel. Kom beleef die warm en vriendelike personeel wat jou baie bekwaam sal inlig rakende ons puik sportgeleenthede, top kultuur kompetisies en natuurlik die ongelooflike akademiese vakke wat jou sal toerus om die beste te wees wat jy moontlik kan wees!


Daar gaan hope pret verskaf word, sodat jou hele gesin die dag saam met jou kan geniet. By ons skool kyk ons nie net na somme en tale, of net na balskoppers en balvangers, hardlopers en akteurs nie, maar ons weet dat daar, soos in elke familie, ’n plekkie vir almal is om deel te vorm van die groot Eldo-familie. Ons sport, kultuur en akademie vat hande, sodat jy deur al die harde werk, ook darem pret kan hê.


Kom gesels met van jou vorige skoolmaats wat nou deel vorm van ons ongelooflike skool, en vra hoe hulle ons skool ervaar, want die spreekwoord sê mos: “Uit die mond van die suigeling kom die waarheid”. 


Registreer asseblief hier vir die Opedag en kom beleef die Eldo-familie!

Skandeer die QR-kode en voltooi die inligting op die registrasieportaal 

of gebruik die volgende skakel: https://buytickets.at/hseldo/1121238


Vir navrae kontak: registrasies@hseldo.co.za


Welkom by Hoërskool Eldoraigne, waar jy jou roeping gaan vervul!



Eldo-groete,

Mnr. Du Plessis

Waarnemende Hoof

Share by: