WORD VANDAG 'N ELDO!


Volg die nodige skakel vir al die inligting wat jy as ouer nodig het om jou kind deel van Eldo's te maak!
Prosedure vir aansoek om toelating by ons skool

Graad 8
  1. Registreer u details by www.hseldo.co.za/laerskool-vorm - ons laat weet u belangrike inligting deur hierdie databasis.
  2. Die inskrywingsboek is beskikbaar op ons webblad by www.hseldo.co.za/toekomstige-eldos
  3. Die volledig voltooide inskrywingsboek met die voorgeskrewe ondersteuningsdokumentasie moet by die skool ingehandig word of per epos na viljoens@hseldo.co.za gestuur word. 
  4. Alle amptelike toelatingsprosedures van die Gauteng se Onderwysdepartement geld volgens www.gdeadmissions.gov.za/
  5. Die datum waarop die GDO se aanlynregistrasies open is nog nie bekend nie. Dit sal deurgegee word sodra dit aangekondig is deur die departement.
  6. U sal deur die GDO in kennis gestel word van toelating waarna die skool u sal kontak. 
  7. Ons kan ook die aanlynregistrasie van die GDO namens u behartig - gee asseblief u toestemming op die omslag van die inskrywingsboek.

Graad 9-12
‘n Volledige voltooide inskrywingsboek www.hseldo.co.za/toekomstige-eldos met voorgeskrewe ondersteuningsdokumentasie moet ingehandig word. ‘n Afspraak* moet met die graadhoofde/voog en skoolhoof gemaak word vir ‘n toelatingsonderhoud ten einde dat die proses so glad as moontlik sal verloop. Graadhoofde se kontakbesonderhede is beskikbaar op ons webblad.
*Sodra skole weer oopgestel is.

Eldo-groete
Skoolbestuur

Die skoolbestuur bestaan uit die Hoof, Bestuurshoofde en Departementshoofde. Die Bestuurshoof: Akademie en Departementshoofde is ook verantwoordelik vir die volgende vakgroeperings: 

Amptelike tale: 
  • Afrikaans 1ste taal
  • Engels 2de taal
Wiskunde: 
  • Wiskunde 
  • Wiskundige Geletterdheid

Natuurwetenskappe:
  • Fisiese Wetenskap 
  • Lewenswetenskappe 

Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe: 
  • Rekeningkunde
  • Besigheidstudies 
  • Ekonomie 
  • Toerisme 

Geesteswetenskappe: 
  • Geografie 
  • Geskiedenis 

Opvoedkundige Leiding 
  • Lewensoriëntering

Inligtingstegnologie:
  • Inligtingstegnologie 
  • Rekenaartoepassingstegnologie 

Tegnologiese vakke: 
  • Ingenieursgrafika- en Ontwerp 
  • Tegnologie 
  • Elektronika 
  • Gasvryheidstudies 

Kunste: 
  • Dramatiese Kunste 
  • Visuele Kuns 
  • Ontwerp 
  • Skeppende Kunste 

Die departementshoofde is enersyds verantwoordelik vir alle vakaangeleenthede in hulle departemente en van hulle tree ook op as Graadhoofde van die onderskeie grade. 

Die Departementshoof Opvoedkundige Leiding (DSO) kan gekontak word vir probleme wat die leerders ervaar, bv. vakkeuses, studiemoontlikhede of persoonlike probleme. 

By die skool word hoë prioriteit aan akademie gegee. Die personeel is baie ervare en is hoogs gemotiveerd om die beste resultate te lewer. Daar word jaarliks hoogstaande prestasies gelewer. Die groot aantal leerders wat met sewe en meer onderskeidings slaag, getuig daarvan. Hierdie uitstaande prestasies word op die ererol van die skool aangebring. Die afgelope paar jaar is die skool telkens aangewys as een van die top tien akademiese skole in Gauteng. 

Daar word nie net aan die goeie presteerders aandag gegee nie. Alle leerders, veral moontlike druipelinge, ontvang spesiale aandag en hulp sodat hulle ook suksesvol kan wees in hulle studie. 

Ekstra klasse word aangebied en leerders volg ‘n rooster waar daar spesifi eke tydgleuwe aan sport, akademie en kultuur toegeken word.  
Verpligte oggendklasse vir Graad 11- en 12-leerders , volgens ‘n rooster, word aangebied. 
Daar is elke Vrydag en Maandag verpligte studie- en of huiswerkklasse, direk na skool, vir geïdentifi seerde leerders, soos gereël deur onderwysers. 

Ons streef daarna om voorsiening te maak vir die uiteenlopende vermoëns, aanleg en belangstelling van individuele leerders in die vakkeuse wat aangebied word.