
Van koor tot soliste is hier ‘n plekkie vir elke sanger op die Eldo-verhoog!
Ons koor, die Eldo Ridente, sing regdeur die jaar by verskeie feeste, kompetisies en ander glansgeleenthede. Onder leiding van Mnr Franco Prinsloo, gaan ons koor van krag tot krag. Hulle het in 2022 ‘n Goud by die ATKV Applous gewen, en sien uit om in 2025, hoër hoogtes te bereik.
Solosangers, duette en trio’s word uitgenooi om aan ons jaarlikse kompetisie, Eldo Zing deel te neem, om nie net te presteer nie, maar om ook te groei saam met ons meester beoordelaars.
Eldoraigne is ook opgewonde om in 2025 die South African Championships of Performing Arts op eie bodem te verwelkom waar hulle vir deelnemers geleentheid bied om vir uitvoerende kunste nie net groot te kan wen nie, maar om ook Suid Afrikaanse kleure te verwerf.