Ons harte bons van trots as ons sprekers so pragtig, in hul moedertaal, die gehoor betower met hul prag woorde. Eldoraigne skitter by die verskeie kompetisies en ons nooi ons sprekers uit om deel te raak van ons prater gemeenskap.



Op redenaarsgebied is die Hoërskool Eldoraigne besonder aktief en beslis die heel beste redenaarsskool in Pretoria. 


Belangstellende leerders word by ons die geleentheid gebied om die woordkuns te bemeester en te ontwikkel. Dit is beslis ‘n lewensvaardigheid wat uiteindelik deure oopmaak vir leerders, omdat hulle kan kommunikeer sonder enige vrees om voor mense op te tree.


Ons neem deel in verskeie kompetisies onder andere: Van Huyssteens, Radikale Redenaars, Oppie Tong Af, Conspirito, Artistatue en nog meer.