
Hoërskool Eldoraigne se koor is onder leiding van Franco Prinsloo as ‘n nuut saamgestelde koor met ingang 2020 gevestig. Hierdie jong koor van ongeveer 70 lede bestaan uit ‘n samestelling van seuns en dogters van graad 8 tot 12 en word onder die koorleier se bekwame leiding en musikale ervaring gelei om musikale hoogtes te bereik.
Ons is bevoorreg om ons sang met die gehoor te deel en sodoende die luisteraar te herinner aan die universele taal van musiek. Eldo Ridenté toer graag indien hulle die geleentheid kry.
Ons koor, die Eldo Ridente, sing regdeur die jaar by verskeie feeste, kompetisies en ander glansgeleenthede. Onder leiding van Mnr Franco Prinsloo, gaan ons koor van krag tot krag. Hulle het in 2022 ‘n Goud by die ATKV Applous gewen en het in 2023 met ons hoëstemkoor 'n 4de plek nasionaal by die ATKV Applouse gewen en sien uit om in 2024, hoër hoogtes te bereik.
kontakbesonderhede
Ameri de Beer - debeera@hseldo.co.za
Franco Prinsloo (Dirigent) -
francoprinsloo.prinsloo@gmail.com
Ferdi Geyer (Begeleier) - ferdi.geyer@gmail.com







