
Hoërskool Eldoraigne se debat is meer as net ‘n platform vir ons raakpraters, maar ‘n tuiste waar leerders aan hulle selfvertroue bou, waar hulle leer hoe om op hulle voete te staan en vinnig te dink en om as span effektief saam te redeneer.
Hulle ontwikkel beroepsvaardighede en vorm hegte vriendskappe wat vir ‘n leeftyd sal hou. Debat is meer as net ‘n aktiwiteit vir ons, dis die adrenalien wat in ons are vloei!
Daar is tans 3 kompetisies in ons visier:
1. ATKV-debatkompetisie
2. Con Spirito Kultuurvereniging Afrikaanse
Debatskompetisie
3. Dink of Sink- onvoorbereide debatkompetisie
Promoter Kontakbesonderhede:
Me Coetzee - coetzeem@hseldo.co.za