Voorheen bekend as die Sentrum vir Uitnemendheid, is Eldo+ Hoërskool Eldoraigne se tuiste vir ontdekking, ontwikkeling en geleenthede buite die gewone skooldag.

 

Van vliegakademie en kuns tot dans, modelskool, toneelspel en nog vele meer – Eldo+ gee leerders die kans om hul passies te ontdek, nuwe vaardighede te ontwikkel en hul unieke potensiaal uit te leef.

 

Die “+” staan vir:
- Méér geleenthede
- Méér blootstelling
- Méér ontwikkeling
- Méér kreatiwiteit
- Méér van wat jóú uniek maak

 

Want by Eldoraigne glo ons dat uitnemendheid nie net in die klaskamer gebeur nie.


Jou talent. Jou passie. Jou plus.



  • Alpha Wiskunde

    Verrykende Wiskunde klasse om voor te berei vir universiteit; stimuleer wiskundige denke.


    Klastye:

    Graad 9:

    Oggend 6:30–7:25

    Graad 10–12: 

    Middagklas


    Koste van klasse:  

    Gr. 9-11: R2 900

    Gr.12 (eksamenjaar): R3 500


    Organiseerder:

    C Braybrooke - 

    braybrookec@hseldo.co.za

    083 626 8331 


    Personeel wat dit ook aanbied: Me. C. Mentz 

  • Dansstudio

    Dansklasse, deelname aan eksamens van SABOD, kompetisies en ’n jaarlikse vertoning by ’n teater.


    Klastye:

    Maandae 14:00-19:00 en Dinsdae 14:00-19:00. 

    Dansstudio (bo die snoepie)


    Koste van klasse: 

    R450 per maand 


    Spesiale benodighede vir aktiwiteit:

    • Gewone oefendrag, rekbare skipant en stywe oefen toppie vir klasse. 
    • Swart unitard vir eksamens. 
    • Spesiale fooi gaan gehef word vir vertoning uitrustings.

    Organiseerder:

    Carol Etsebeth van CDW School of Dancing - 

    etsebethcarol@gmail.com

    072 150 6760

  • Drama Akademie

    Groep- en (individuele) klasse om talent in drama te ontwikkel, ook afgestem op individuele behoeftes van leerders.


    Klastye:

    Groep-klasse tydens die jaar; individuele klasse 60 minute


    Koste van klasse:

    R680 per maand vir 4 lesse. R170 per les.


    Organiseerder:

    Anchen du Plessis anchenduplessis03@gmail.com / 0828521877

  • Eldo Musiq

    Individuele musikale lesse in verskeie instrumente; daar is ook ’n skoolorkes gevorm deur leerders.


    Klastye:

    Junior en senior orkes oefeninge: Dinsdagaand 18:00-20:00


    Instrumente insluitend klavier, viool, kitaar, baskitaar, ukulele, ens.


    Organiseerder:

    Andy Swart - swarta@hseldo.co.za

  • Fotografie

    Praktiese fotografie klasse, tegniek, beginner tot professioneel. Kamera en ontwerp kennis, kommunikasie vaardighede en AI om jou eie fotografie besigheid te begin


    Klastye:

    Donderdae van 15:45 tot 16:45.


    Koste van klasse:

    R350 Registrasie fooi.

    R1250 Per kwartaal.


    Spesiale benodighede vir aktiwiteit:

    Kamera of volgelaaide slimfoon.


    Organiseerder:

    Bernize Coetzer - info@futurephotographerz.com

    082 516 6310

  • Frans, Duite en Gebare Taal

    Leer Frans, Duits en gebaretaal as ’n taalvakkundige uitbreiding; ook voorbereiding vir internasionale eksamens.


    Klastye:

    Elke vlak se tye word gereël tussen die onderwyser en die groep. Daar is een fisiese klas en een aanlynklas per week.


    Koste van klasse: 

    Kontak Me. Henn vir kostes 


    Organiseerder:

    Elsie Henn - henne@hseldo.co.za

    082 378 3833


  • Good Vibes Guitar

    Privaat kitaar lesse by die skool vir jonk tot oud in 'n rustige maar tog pret belaaide atmosfeer. Akoesties en elektries in alle style en geen ondervinding is nodig nie.


    Kostes en tye:

    Na skool; koste volgens program per individu, geen ervaring nodig nie.


    Organiseerder:

    Francois Kleynhans - rana.kleynhans@gmail.com

    0620419917

  • Kuns

    Kreatiewe visuele kuns: teken, skilder, drukwerk, lino-blok druk, ensovoorts.


    Klastye:

    (6 weke per kwartaal) 

    Elke Donderdag 14:00 - 16:00.


    Koste per kwartaal (verskillende kostes vir materiaal)


    Spesiale benodighede vir aktiwiteit:

    Spesiale benodigdhede soos potlode, verf, liniaal, ens.


    Organiseerder:

    Sunette Pearce - 

    pearces@hseldo.co.za

  • Modelskool

    Modelwerk, fotograaf-samewerking, promosies, loopplank, spel van onderhoude, voorkoms, ensovoorts.


    Klastye:

    Klastye in die Kleinteater: Donderdae en Vrydae vanaf 14:15


    Koste van klasse: 

    Kontak Me. Begbie


    Organiseerder:

    Valerie Begbie - 

    voguemodelsa@gmail.com

    072 663 1363

  • Musiek

    Klastye:


    Verskeie middae, na skool. Elke les word met die betrokke afrigter gereël om individuele aandag en sorg te verseker.


    Koste van klasse: 


    R1800 per kwartaal.


    Trots:


    Musikante maak deel uit van die skool musical waar hulle as “live band” music begeleiding gebied het.


    Spesiale benodighede vir aktiwiteit:


    Eke student moet sy/haar eie instrument hê om by die huis te kan oefen. 


    Organiseerder:


    Annelene Malan - malana@hseldo.co.za

  • Olimpiades, Spelathon en Taalbondeksamen

    Akademiese kompetisies en eksamens in vakgebiede soos Afrikaans, Engels, Wiskunde, RTT, Besigheidstudies, Sosiale Wetenskap, Natuurwetenskap; inskrywing by hul vakonderwysers.


    Kostes:

    Deelnemers skryf in by vak-onderwysers; tye volgens vak en toetse.


    Organiseerder:

    Vakonderwysers sal advertensie deel.

  • Sang

    Professionele sangopleiding in verskeie genres en style. Stembeheer en asemhaling binne jou eie unieke styl ontwikkel. Studente neem deur die jaar aan kompetisies deel, tree by verskeie geleenthede op, professionele fotosessies en opnames in ’n ateljee, jaarlikse teaterproduksie.


    Alumni sluit in voormalige Mej. SA Natasja Joubert, radio- en TV-persoonlikheid Venita Engelbrecht, bekende DJ Maeztro en sangeres Charlize Berg.


    Alle ouderdomme vanaf 6 jaar en alle vlakke is welkom. 


    Klas tye:

    Maandae-Vrydae vanaf 14h30-19h45


    Kostes:

    Verskeie pakette beskikbaar, kontak ons om jou behoefte te bespreek

    Lesse vind plaas by die skool.


    Organiseerder:

    Sindy Kahts

    sindykahts@gmail.com

    083 544 2764/



  • Toneelspel (Stagecraft)

    Stagecraft bied praktiese en professionele toneelspel-klasse op 'n industrie-standaard aan. Ons studente leer by professionele akteurs. Ons berei hoërskool-studente voor om die industrie te betree. Stagecraft spog ook met ons unieke Toneelmakersklub. Hierdie klub is die eerste van sy soort. Hier leer studente hoe om teaterstukke op die planke te sit; Van skryf tot regie en laastens optrede.


    Klastye:

    - Junior klasse: Saterdae 08:00 – 10:00

    - Senior klasse: Saterdae 10:00 – 12:00

    - Toneelmakersklub: Saterdae 12:00 – 14:00


    Kostes:

    - R450 per maand – Toneelspelklasse

    - R450 per maand – Toneelmakersklub

    - R700 per maand – Beide

    Kwartaalfooie op aanvraag


    Organiseerder:

    Eckhard van Heerden

    eckardchartyn@icloud.com


  • VasgeINK-skryfskool

    ’n Skryfskool oor drie jaar waarin leerders

    bemagtig word om hul eie storieboek te skryf, onder mentorskap deur onderwysers en gepubliseerde skrywers.


    Organiseerder:

    Sunel Combrinck -combrincks@hseldo.co.za

    082 257 1977

  • Vliegakademie

    Leer vliegopleiding; vanaf graad 8 kan leerlinge begin, en vanaf 16 met spesifieke strukture; op Wonderboom lughawe; moontlik privaat vlieënierlisensie later. 


    Klastye:

    Dinsdae - 14:15 


    Koste van klasse: 

    R900 per maand vanaf Februarie tot November. (Aansluitingsfooie betaalbaar)

    Vereiste ouderdom/ID vir spesiale lisensies. 


    Organiseerder:

    Marietjie le Roux - proav@proaviation.co.za 

    082 948 5942 

  • Voortrekkers

    Leierskapontwikkeling, vaardighede, waardegebaseerde ontwikkeling, kampe en groepsaktiwiteite.


    Klastye:

    Maandae 17h00 – 18h00 of alternatiewe tyd gereël.


    Koste van klasse:

    Lidmaatskap: R900 per jaar.

    Kampe en ander aktiwiteite is ekstra.


    Organiseerder:

    Bernard Muller 

    muller.ber@gmail.com 

    0832357446