Netbal is ʻn gewilde sportsoort onder die Eldo-dogters, waar verskeie prestasies jaarliks behaal word.

 

Tydens die 2023 seisoen kwalifiseer die 0/16-, 0/17-, en Eerste-spanne vir die Tshwane uitspele. Die 0/17’s eindig in die top 5 in Gauteng, waarmee hulle kwalifiseer om deel te neem aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe.

 

Jaarliks word daar van ons dogters verkies tot die All Ages netbaltoernooi.

In 2023 word Georgia De Jongh, ons eerstespan kaptein, aangewys as die onder-kaptein van die 0/18 Ghama span.

Juffrou Aneh van der Bergh was ook die afrigter van die 0/12 Ghama span, wat 2 geëindig het by die toernooi.

 

Ons is bevoorreg met top afrigters.

Erin Burger voormalige Protea netbalkaptein dien as konsultant en rig weekliks by al ons spanne af.

Anneret (Viljoen) Bester verteenwoordig tussen 2010 en 2012 die Proteas. Nicole Amiras het Suid-Afrika se 0/21 span verteenwoordig by die wêreldbeker in 2017. Sy het ook verskeie TNL-spanne verteenwoordig vanaf 2016 - 2019. Ilzeri (Brits) van Niekerk verteenwoordig die SA Skole span 2002 – 2004, in 2009 en 2010 verteenwoordig sy die Proteas.


Om deel te word van die dinamiese sportsoort, kontak gerus ons netbal direkteur:


Stephanie van Jaarsveld

vanjaarsvelds@hseldo.co.za


Share by: