Geleë in Centurion en binne bereik vanaf verskillende hoofweë, is die Hoërskool Eldoraigne, 'n opvoedkundige tuiste vir meer as 1780 leerlinge.
Die skool beskik oor genoegsame en uitstekende fasiliteite vir akademiese onderrig sowel as vir die beoefening van buitemuurse aktiwiteite. 'n Ten volle toegeruste restaurant - La Doraigne - is voorwaar 'n sieraad waar leerlinge in Hotelhouding en Spyseniering praktiese ervaring op die hoogste vlak opdoen.
Die skool beskik oor goed toegeruste tekenlokale, laboratoriums en rekenaarsentrums.
Hoërskool Eldoraigne se volgehoue, uitstaande matriekuitslae is gewis 'n weerspieëling van die kerngesonde benadering tot die akademie. Alle vakke behaal jaarliks persentasies ver bo die gemiddelde.
Wat sporthoogtepunte betref, neem die skool deel op die hoogste vlak in al die sportsoorte. Hoërskool Eldoraigne resorteer onder die tien topskole in Pretoria.
Hoërskool Eldoraigne is 'n toonaangewende kultuurskool en presteer uitstekend op verskeie gebiede.
Op beide sport- en kultuurgebied lewer die skool gereeld provinsiale en nasionale wenners.
Opwindende tradisies maak die Hoërskool Eldoraigne uniek en dié plek om te wees. 'n Plek waar kinders hulle volle potensiaal kan verwesenlik!