Ons skool speel reg deur die jaar krieket, wat wissel van 35 na 50 wedstryde per jaar. Die formate wat ons speel is Tyd krieket, 50 overs en T20. Daar word ook 2 keer ‘n jaar getoer. Daar is ook geleenthede om teen oorsese spanne te speel. Ons is die beste krieket skool in Centurion en is ons strewe om gerekend te word as een van die top krieket skole in die land.


- Ons skool het twee afrigters wat tans die O.15 en O1.7 Titans spanne afrig.

- Finsbury speel ons in die A-afdeling

- Tans spog ons met drie O.14 spanne, twee O.15 spanne en 4 senior spanne

- Van 2021 tot 2023 het lewer ons skool ses Titans krieketspelers.

- 2022 Was die volgende spanne liga wenners:

o O.14 A 

o O.15 A 

- Eerstespan is Liga wenners vanaf 2021- 2023.


SEISOEN:     

Voorseisoen: Kwartaal 2 en 4   

In seisoen: Julie - Oktober  /   Januarie - Februarie       


 TOERNOOIE:

Finsbury Reeks A-Afdeling     

Skole Liga (Onoorwone liga wenners laaste 3 jaar)       


 TOERE:  Begin Januarie     Junie / Julie vakansie

Ons volg ‘n uitgewerkte kurrikulum wat alle fasette van krieket insluit: 

 

  1. Verskillende tipe kolwers, 
  2. Naatbal boulwerk, 
  3. Draaibal bouwerk, 
  4. Veldwerk, 
  5. Paaltjiewagter, 
  6. Psigologiese vaardighede.
  7. Fisieke kant van krieket. (krieket spesifieke kondisionerings program)
  8. Tegniese kant van krieket.
  9. Taktiese kant van krieket.
  10. Geestelike voorberieding en druk ververking

 


Skool Fasiliteite:

  • Video kamer vir analiserings doeleindes.
  • 5 Binne huise nette
  • 5 Buite nette
  • 4 Turf nette

Ons beskik ook van 3 permanente krieket afrigters wat voltyds ons krieket program se dag tot dag bedrywighede regdeur die jaar implementer.


Meer inligting oor Mnr. Abré Vollgraaff

  • CSA vlak 3 gekwalifiseerde afrigter
  • CoachED Elite vlak 4 afrigter
  • 18 jaar provinsiale afrigtings ervaring
  • Dien op die Titans Education committee
  • Is deel van die Titans afrigtings striktuur as afrigter


Skool epos: vollgraaffa@hseldo.co.za

Cricket 101 epos: abre@cricket101.co.za

Facebook.com/cricket101eldo

Instagram @cricket101eldo


Gesels met ons krieket direkteur vir meer inligting. Besoek gerus ook ons Cricket101* bladsy vir inligting oor ons Krieket Akademie.


LeRoux Botes

Direkteur: Krieket

Lerouxb@hseldo.co.za

Share by: