• Fashion Magazine

    Photo By: John Doe
    Button
  • Eldo’s harte vat hande projek is ‘n ouer inisiatief om uit te reik en om te sien na die gesinne in nood binne die skool.


    Ons versorg gemiddeld 32 gesinne waar ons hul maandeliks van ‘n kos- en toiletware pak voorsien. Daaglikse word 40 kospakkies tydens pouse beskikbaar gestel vir die Eldo-leerders wat nie kospakkies van hul ouers kan ontvang nie. Ons help ook met skool- en gewone klere, skryfbehoefte, ander skool benodighede en ook waar Eldo's op kampe moet gaan. Jaarliks word van ons Matrieks ook gehelp om hul matriekafskeid spesiaal te maak. 


    Die projek word moontlik gemaak deur die Eldo-ouers en wonderlike borge uit die gemeenskap. Ons glo dit kan nie met ons kinders goed gaan, as dit met ‘n ander maat langs hulle sleg gaan nie. 


    Ons verwelkom meer ouers om betrokke te raak en so die Eldo maats se lewens positief te verander!


    In 2024 het met groot opgewonheid PROJEK50 geloods waar ons 50 welwillenheidsaksies deur die loop van die jaar gaan aanpak.

    • Vennootskap met GrootFM se GrootGee projek

    • Kwartaalikse bloedskenkdae

    • Clothes-to-Good se Clothes-athon

    • Hulp aan hawelose inwoners van die Panga Kamp in Krugersdorp

     • Insameling van nie-bederfbare produkte vir gesinne in nood Inligtinggids

    • Uitreike en insamelings van babaprodukte vir Dove’s nest

    • Eldo-kuiers aan die ouetehuise in Centurion

    • Projekte wat Centurion-inwoners baat soos Run for Bibles en Everest to Breathe

    • Eldo-boekdryf waar ‘n duisend boeke ingesamel, en versprei, word. 


    Vir finansiële bydraes:

    ABSA

    Tjekrekening

    Centurion

    Takkode 632005

    Rekeningnommer 326 017 0944

    Verwysingsnr.: 910/440


    Vir navrae kontak gerus Me. Lisa Maguire by maguirel@hseldo.co.za


    Share by: